×
Skakel na Engels

9 snoesige truie wat jou hart dié winter sal begeer

Truie te kus en te keur
truie

 

Die weer is vinnig besig om koeler te raak, wat beteken dis (uiteindelik!) tyd vir truie!

Hier is die 9 top-truistyle wat jy hierdie winter in die winkels gaan sien:

#1 Die gebreide rok

Want wat is nou gemakliker as om ’n trui van kop tot, wel, knieë te dra?! Dra dit saam met deursigtige kouse en tekkies of stewels.

#2 Die rolhalstrui

Dis een van ons gunstelingtruie, want dit kom basies met ’n ingeboude serp!

#3 Die oorgroot trui

Hierdie styl is gemaklik, maar ook modieus en sal jou lekker warm hou. 

 

A post shared by The Boho Bazaar (@thebohobazaar) on

#4 Die noupassende trui

’n Stywer trui is ideaal om jou mooi figuur mee te beklemtoon en sal boonop jou uitrusting ’n gesofistikeerde voorkoms gee. En dis perfek om bo-oor ’n kraaghemp te dra.

#5 Die gewone trui

Of dit met of sonder knope kom, ’n gewone truitjie is altyd ’n wenner in enige vrou se klerekas! Dis eenvoudig dog stylvol en pas by feitlik enige iets.

#6 Die bonkige trui

Dis mooi. Dis snoesig. Dis warm. Wat meer wil jy hê? ’n Bonkige gebreide trui gaan hierdie winter ’n gewilde keuse wees.

#7 Die oorkruis-trui 

Dis ’n fantastiese manier om ’n bietjie karakter aan ’n andersins eenvoudige kledingstuk te verleen.

#8 Die bedrukte trui

Dis die ideale manier om ’n bietjie aandag te trek. Kies ’n motief in ’n klassieke kleur of iets helderder vir ’n tikkie speelsheid.

#9 Die tuisbly-trui

Ons het byna almal so ’n outydse trui wat ons ouma nog vir ons gebrei het. Dis dalk die laaste ding wat jy in die openbaar sal aantrek, maar dis beslis die beste keuse vir ’n luilekker dag by die huis. Al wat nou kort, is ’n koppie warm sjokolade!

 

A post shared by Rachel Cadenas (@rc_like_the_cola) on

Kliek en koop hierdie truie nóú

www.mrp.com

Ekstralang trui R230, MRP

www.miladys.co.za

Kasjmier-rolhalstrui R379, Miladys

www.queenspark.com

Gebreide jas R999, Queenspark

www.queenspark.com

Geribde trui R399, Queenspark

www.mrp.com

Snoesige oortrekrui R170, MRP

www.hm.com/za

Gebreide rolhalstrui R429, H&M

www.hm.com/za

Geribde rolhalstrui R429, H&M

 

LEES OOK:

7 vleiende modeneigings om in 2017 te probeer 

5 verrassende skoonheidsgeheime van ou Hollywood

Seleb-ma’s en hul spieëlbeeld-dogters

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 maniere om jou klerekas vir ’n nuwe seisoen voor te berei

Wanneer die seisoen verander, moet jou klerekas ook ...

Close