×
Skakel na Engels

9 slim maniere om jou badkamer vir langer skoon te hou

Want om grillerige seepaanpaksels skoon te skrop is vir niemand lekker nie

Die badkamer is nie net een van die belangrikste vertrekke in die huis om skoon te hou nie; dis ook een van die moeilikstes.

Lees hier hoe om jou harde werk te laat tel en te help om hierdie veelgebruikte vertrek vir langer vars te laat bly.

1. Stuit vog in hul spore.

Niks help om mufvlekke weg te hou soos ’n droë stort nie. Hang ’n ruitskoonmaker oor die stortkop en maak dit ’n reël dat die laaste een wat stort die mure, vloer en stortdeure daarmee moet afvee. ’n Paar minute se ekstra werk kan regtig op lang termyn die skoonmaaktyd tot ’n minimum beperk.

Jy kan ook van vog ontslae raak deur ’n venster oop te maak en die suigwaaier aan te skakel terwyl jy stort. Wanneer jy die deur ooplos, selfs op ’n skrefie, help om dit om vog te laat verdamp. En moenie vergeet om die stortgordyn oop te trek om dit ook te laat droog word nie.

2.Bedek stortmure en -deure met ’n waterafweerder.

Water, minerale en seepaanpaksels vorm hopies vog en loop af sodat daar minder vir jou oorbly om af te skrop.

3. Moenie koekies seep by die wasbak los nie.

Gebruik ’n vloeibare seep met ’n pomp of selfs ’n handvrye seephouer. Om ’n vuil seepbakkie uit te skakel sal help dat jou wasbak en toonbank langer skoon bly.

4. Skep orde in jou kaste.

As jy spesifieke plekke vir grimering en haargereedskap in jou medisynekassie of badkamerkas hou, kan dit weggepak word, maar steeds binne bereik bly. ’n Badkamertoonbank sonder goed wat oral rondstaan, kan ’n badkamer oombliklik skoner laat lyk en voel.

5. Installeer genoeg handdoekrelings.

Handdoeke sal vinniger droog word en jou badkamer sal netjieser lyk wanneer jy dit aan ’n staafreling ophang. Nie genoeg muurspasie nie? Oorweeg ’n handdoekreling of -hoeke aan die deur.

6. Gebruik langblywende reinigers.

Hierdie formules help om wasbakke, baddens en toilette vir tot sewe dae sonder vlekke te hou.

7. Bêre ’n houer ontsmettingslappies onder die wasbak.

Só kan jy vinnig spatsels tandepasta, watermerke en ander gemorsies opruim wanneer jy dit sien en sal dit nie ’n kans kry om droog te word en moeilik te word om te verwyder nie.

8. Hou ’n paar droërvelle byderhand.

Jy kan dit gebruik om hare en stofwolle vinnig en maklik van die vloer af te verwyder sonder om die stofsuier uit te haal en só ’n groot skoonmaaksessie uitstel.

9. Keer aanpaksels op die stortgordyn.

Spuit die onderkant van ’n vinielstortgordyn verskeie kere per maand met ’n veeldoelige reiniger wat ’n bleikmiddel bevat om te keer dat seep, waterminerale en muf aanpak. Laat die stort dit net afspoel (voordat jy inklim) en jy sal die gordyn nie so gereeld hoef te was nie.

Carolyn Forte is die direkteur van die Good Housekeeping Institute se laboratorium vir huistoestelle en skoonmaakprodukte.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Moet NOOIT hierdie skoonmaakprodukte meng nie

Dié reinigers is algemeen (en nuttig om te hê), maar die verkeerde kombinasies kan baie gevaarlik wees

Close