×
Skakel na Engels

9 leuens oor huisskoonmaak wat jy vir jouself vertel

Dis tyd om te bieg en om dinge op die regte manier te doen. Deur Lauren Piro

Ons almal sien af en toe vuiligheid oor en kies soms kortpaaie. Maar moenie dink jy gaan heeltyd hiermee kan wegkom nie.

  1. “My kombuiswasbak bly mos skoon wanneer ek skottelgoed was.”

Nie regtig nie. Terwyl jy potte en panne skrop (om nie eens te praat van daardie kapplank waarop jy rou vleis gesny het nie), klou vuiligheid en bakterieë aan die wasbak vas. Jy moet onverdeelde aandag aan jou wasbak gee as jy dit weer wil laat blink.

  1. “Ek hoef nie die stofsuier se sak leeg te maak totdat dit heeltemal vol is nie.”

Jy dink dalk nie dis waar nie, maar jy moet regtig van die stof ontslae raak wanneer die sak of houer driekwart vol is. Anders sal die stofsuier se suigkrag nie so sterk wees nie.

  1. “Dis oukei as ek vergeet om die houer van die skoonmaakmiddel in die skottelgoedwasser skoon te maak.”

Gebruik daardie paar ekstra sekondes om die houer se deksel toe te maak voordat jy die skottelgoedwasser aanskakel. As die skoonmaakmiddel lek, sal dit onder in die masjien drup en in die afvoerpyp afdrup wanneer die water begin spuit – dit sal jou skottelgoed laat nat raak, maar dit sal nie skoon was nie.

  1. “Skoene in die huis versprei nie te veel vuiligheid nie.”

Dis werklik slim om deurmatjies te gebruik waaraan vuiligheid vasklou, en jou skoene by die deur uit te trek omdat dit die stof en vuiligheid wat in die huis ingedra word verminder. Die bonus is dat jy minder hoef skoon te maak.

  1. “Ek laat my badspons droog drup – dis goed genoeg.”

Hierdie donsige stortgereedskap bied die ideale klam, warm teelaarde vir bakterieë. Jy behoort die sponse elke drie tot vier weke in die was te gooi.

  1. “Ek kan gewone wasmiddel gebruik vir klere wat met die hand gewas word.”

Moenie dieselfde wasmiddel gebruik wat jy in die wasmasjien sou gebruik wanneer jy meer delikate kledingstukke was nie. Die ensieme in wasmiddel wat vlekke verwyder kan die vesels soos wol en sy beskadig. Maak dus seker jy gebruik ’n sagter wasmiddel wanneer jy klere met die hand was.

 

  1. “Dis nie nodig om lakens een maal per week om te ruil nie.”

Ons kan dit nie juis sagkens stel nie: Jy sweet terwyl jy slaap. Olie van jou liggaam pak mettertyd op jou beddegoed saam (wat puisies op jou vel kan veroorsaak) en mettertyd sal daar ook stofmeite in jou lakens wees, wat allergieë kan vererger. As jy jou bed werklik skoon wil hou (en daardie skoon, vars gevoel van vars lakens wil hê), moet jy jou lakens minstens elke tweede week omruil en was.

  1. “Asyn is wonderlik! Dis natuurlik en maak enige iets skoon!”

Wag ’n bietjie – asyn kan natuurlike klip(soos daardie duur graniet-kombuistoonbank) wegvreet en die afwerking van houtvloere beskadig. En dit werk eenvoudig nie so goed vir sommige vlekke nie.

  1. “Ek hoef nie my jeans te was nie – ek kan dit sommer in die vrieskas sit.”

As jy jou gunsteling-jeans wil vries in plaas van was (en sommige modeslawe is oortuig daarvan dat die wasmasjien jeans vinniger laat afgeleef lyk) is ’n neiging wat ons nie goedkeur nie. Jy kan slegs van sweet, reuke en vlekke ontslae raak deur dit in die was te gooi.

Hierdie artikel het oorspronklik op www.goodhousekeeping.com verskyn.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
9 slim maniere om jou badkamer vir langer skoon te hou

Want om grillerige seepaanpaksels skoon te skrop is vir niemand lekker nie

Close