×
Skakel na Engels

8 wonderlike kos- en kookwenke

Probeer dié vernuftige wenke om jou tyd in die kombuis minder van ’n las te maak

 

 

1. Kombuisskêr stomp? Probeer om deur ’n stuk swaar aluminiumfoelie te sny. Dit sal enige residu verwyder en die skêr beter laat sny.

 

2. Nigella Lawson gebruik hierdie truuk – ’n enkele vuurhoutjie (verwyder die kop) in ’n pot kokende water sal keer dat dit spat en mors.

 

3. Lyk jou bakplate oud en smerig? Smeer wasgoedversagmiddel daaroor (dik in die hoeke), laat staan vir ’n uur en was – dit sal splinternuut lyk!

 

4. Maak jou eie eetbare glansversiersel deur ’n ¼ koppie witsuiker en ’n ½ teelepel voedselkleursel vir tien minute teen 180 °C te bak.

 

5. Vries vars oorskietkruie in ysbakkies in olyfolie en meng dit in pas gekookte pasta in vir ekstra geur.

 

6. Hou ou tamatiesous- of mayonnaisebottels en gebruik dit wanneer jy bak. Vul dit met kolwyntjiedeeg en daar’s geen gemors of gesukkel wanneer jy die kolwyntjiepannetjies moet volmaak nie.

 

7. Seldery wat in foelie toegedraai is, bly vir weke kraakvars in die yskas.

 

8. Hoe raak jy van oorskietvet of -olie ontslae? Voer ’n bak met foelie uit, giet die olie daarin en sit dit in die yskas. Wanneer dit hard geword het, rol die foelie op en gooi dit weg.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
’n Pan wat van kleur verander

Weet met een kyk wanneer dit tyd is om die uie te begin braai

Close