×
Skakel na Engels

8 wenke vir die gladste skeer

Nog nie heeltemal reg om been te wys nie? Moenie salon toe gaan vir ’n pynlike wasbehandeling nie! Maak jou skeerervaring aangenamer met hierdie tuisskeerwenke

 

Die belofte van warmer weer is hier en jy gryp waarskynlik reeds na jou skeermes. Kyk hier hoe jy die gladste resultate kan verkry

  1. Skilfer altyd eers af voordat jy skeer. Ja, jy het dit waarskynlik al voorheen gehoor, maar dis goeie raad. Afskilfering raak ontslae van dooie velselle. As jy ’n lyfskrop gebruik voordat jy skeer, sal die veloppervlak veel gladder wees en jou skeermes sal soos ’n droom oor jou vel gly. Afskilfering voordat jy skeer keer ook ingroeihare.
  2. Gebruik haaropknapper as die nood druk. Het jy nie skeerroom nie? Dis nie ’n probleem nie. Vergeet die seep of stortjel en gebruik liewer opknapper.
  3. Spoel jou lem af na elke strook en maak seker dit is behoorlik nat voordat jy skeer. Dit sal verseker dat jou lem glad oor die vel gly.
  4. Hou jou lem so skerp as moontlik. Sodra jy vind dat die lem skuur, is dit tyd om jou lem of weggooibare skeermens te vervang.
  5. Keer dat jy jouself raak skeer deur jou vel stewig uit te strek. Buig jou knieë wanneer jy daardie gedeelte skeer.
  6. Bêre jou skeermes reg om dit langer skerp te hou. Spoel altyd die lem behoorlik af om van enige seperigheid of hare ontslae te raak. Droog dit behoorlik af en plaas die deksel op die lem. Moenie jou skeermes in die stort los nie – die klam omgewing en stoom sal die lem gouer laat roes.
  7. Keer ’n skeeruitslag deur nie enige bevogtigers of gegeurde produkte wat alkohol bevat te gebruik nadat jy geskeer het nie. Gebruik ’n sagte vogroom om jou vel te vertroetel.
  8. Moenie begin skeer sodra jy in die stort klim nie, maak nie saak hoe haastig jy is nie. Gee dit twee tot drie minute om heeltemal nat te word. Dit verseker dat die hare behoorlik bevog, sagter en makliker is om te verwyder.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 skeerfoute wat jy waarskynlik maak

Keer knoppies, snye en ’n skeeruitslag

Close