×
Skakel na Engels

8 wenke om water te bespaar

Suid-Afrika beleef die ergste droogte sedert 1982. Hier is wenke om water te bespaar terwyl die waterbeperkings geld. Deur Leah van Deventer
  1. Installeer ’n laevloei-stortkop en kraanbelugters vir alle krane.
  2. Installeer ’n multispoel- of tweeledige spoelmeganisme in die toilet. Met ’n multispoeltoestel kan die gebruiker kies presies hoeveel water verbruik word wanneer die handvatsel getrek word. ’n Tweeledige spoeltoestel het ’n knoppie vir ’n kort spoel vir vloeistowwe en ’n knoppie vir ’n langer spoel vir vaste stowwe.
  3. Spoel die toilet net wanneer nodig.
  4. Plant inheemse plante wat minder water nodig het.
  5. Installeer drupbesproeiing vir blombeddings en sproeiers op grasperke.
  6. Gaar reënwater op om in die tuin te gebruik of die motor te was.
  7. Gebruik ’n besem in plaas van ’n tuinslang wanneer jy opritte of stoepe skoonmaak.
  8. Bedek jou swembad om verdamping te verminder.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 maklike wenke vir beter gesondheid

Los die roosterbrood soggens – dis goed vir jou! Hier is nog gesondheidswenke

Close