×
Skakel na Engels

8 verrassende voordele van middelkind-wees

’n Paar interessante dinge wat jou van die oudstes en jongstes onderskei
middle child
  1. Middelkinders is kreatief omdat hulle waarskynlik met innoverende en slim maniere vorendag moes kom om hul ouers se aandag te probeer trek.
  1. Middelkinders is diplomaties. As kind moet hulle gedurig onderhandel en bemiddel, terwyl oudste kinders dikwels net eise stel en die jongstes maklik kan kla.
  1. Middelkinders beland feitlik altyd in die middel wanneer gesinsfoto’s geneem word, en dis baie makliker om pap bo-arms weg te steek as jy tussen ander mense staan 🙂
  1. Middelkinders is gevrywaar van die angstigheid wat ouers met hul eerste kind ervaar, asook ’n ma wat aan amper-leë-nes-sindroom ly.
  1. Middelkinders is baie goed aangepas. Hulle het waarskynlik nie dieselfde druk van hul ouers af ervaar as wat die oudste kind het nie, maar hulle is ook nie so bederf soos die “baba” in die gesin nie. As jy die middelste kind is, maak dit jou dus ’n baie gebalanseerde individu!
  1. Middelkinders is baie onafhanklik. Hulle is nie leiers of volgelinge nie – hulle doen net hul eie ding.
  1. Middelkinders is gewoonlik die vredemakers in hul vriendekring omdat hulle as kind dikwels die vrede tussen die oudste en jongste moes bewaar.
  1. Middelkinders is uitstekende rolmodelle. Hulle leer uit húl rolmodel – die oudste – se foute en dra dan net die beste raad aan die jongste in die gesin oor.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 supervullende slaaie

Dié slaaie is vullend genoeg om ’n maaltyd op hul eie te wees. Boonop kan jy enige oorskiet vir middagete...

Close