×
Skakel na Engels

8 verrassende tekens wat op dehidrasie dui

Jy kan hierdie tekens miskyk

1. Jy is in ’n slegte bui

Om kwaad te wees terwyl jy honger is, is nie ’n grap nie, en dieselfde ding gebeur wanneer jy water nodig het. Wanneer jy gedehidreer is, is jy meer geneig tot geïrriteerdheid, moegheid en gemoedskommelings.

2. Jou asem ruik sleg

’n Slegte asem is nie noodwending uie en knoffel se skuld nie – dehidrasie kan jou spoegproduksie verminder, wat die groei van bakterieë en dus ’n slegte asem veroorsaak.

3. Jy het spierkrampe

Spiere kan deur hitte beïnvloed word. As jy dus nie genoeg water kry nie, kan jy krampe ervaar.

4. Jy het ’n drang na soetgoed

PMS is nie die enigste ding wat jou na die naaste pakkie Skittles wil laat gryp nie. As jy ’n skielike lus vir soetgoed het, kan jy gedehidreer wees. Sonder genoeg water kan jou liggaam sukkel met glukogeenproduksie, wat daardie drange kan aanvuur.

5. Jy sukkel om te oefen

Sukkel jy om jou gewone oefenroetine af te handel? Dit beteken nie noodwendig jy is onfiks nie. Dehidrasie verminder bloeddruk, wat die hart harder laat werk en dit kan jou kapasiteit vir oefening verlaag.

6. Jy druip die “knyp”-toets

’n Droë vel is ’n ooglopende teken, maar ’n beter manier om te weet of jy gedehidreer is, is wanneer jy die knyptoets doen. Wanneer jy gedehidreer is, is jou vel nie so elasties nie. Knyp dus jou vel en as dit dun lyk en nie vinnig terugspring nie, is jy waarskynlik gedehidreer.

7. Jou sig is wasig

Wanneer jy nie genoeg vloeistof in jou liggaam het nie, kan jou oë droog raak en jou visie wasig word. As jy wasige visie ervaar, moet jy beslis nie bestuur of enige iets doen wat jou ernstige skade kan berokken nie. Drink meer water.

8. Jy kan nie huil nie

As jy huil en min of geen trane kom uit nie, kan dit ’n teken wees dat jou liggaam ’n ernstige watertekort het.

Hierdie artikel het oorspronklik op Good Housekeeping UK verskyn.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
’n Robotagtige masjien wat jou wasgoed opvou!

Binne ’n paar jaar sal ons dalk nooit weer enige wasgoed hoef op te vou nie!

Close