×
Skakel na Engels

8 tekens dat jy in jou ma verander

Jammer, maar dis tyd om die feite onder oë te sien
ma en dogter

Gee genetika die skuld, maar daar is iets effens grieselrigs oor die manier waarop jy stadig maar seker in jou ma verander. Dit begin deur dieselfde frases te gebruik of om by vriende te sanik om ’n baadjie aan te trek. Voor jy weet, is jy net soos ’n ma wat ’n kamerjas dra en vinger wys – geen kinders nodig nie.

Hoewel ma’s basies superhelde in die regte lewe is (regtig, ons kan nie sonder hulle lewe nie!), is daar ’n paar duidelike tekens dat jou ma-transformasie amper voltooid is:

1. Jy voel verplig om skoon te maak.

“Ek is totaal punteneurig oor hoe my huis lyk voordat ons besoekers kry. Ek moet stofsuig en afstof en alles moet perfek lyk of anders voel ek verskriklik verleë … iets waaroor ek nooit gedink het ek sal omgee nie.” – Lauren M.

2. Jy praat (en huil soms) terwyl jy TV kyk.

“Ek het agtergekom ek het soos my ma geword wanneer sy televisie kyk. Sy sal snak, oe en aa oor tonele, selfs al het sy die program ’n duisend keer gesien. Ek kom agter ek doen nou dieselfde ding, en dis iets wat my ouma ook doen.”Michelle M. 

3. Soms maak jy presiés dieselfde grappe.

“Ek het gegrap dat ek my dogter Stacy gaan noem toe ek saam met my vriende na Stacy’s Mom geluister het. Twee weke later, terwyl ek saam met my ma daarna geluister het, sê sy: ‘Ek moes jou Stacy genoem het!’ ” — Meghan R.

4. Jy’s ’n klein bietjie paranoïes.

“Ek maak twee keer, soms drie keer seker dat ek die deur gesluit het. Een jaar was ons almal in Ma se motor op pad om te gaan vakansie hou, en terwyl sy agteruit uit die inrit ry, stop sy omdat sy wou seker maak sy het die oond afgeskakel. Toe wou sy seker maak sy het haar krultang afgeskakel. Ek dink ons het dit nog drie of vier keer gedoen voordat ons uiteindelik in die pad geval het. Nou, as ’n volwassene, trek ek al aan die ander kant van die stad, dan draai ek terug na my woonstel om absoluut seker te maak ek het die oond afgeskakel of enige potensiële ramp te vermy wat ek ook al in my kop opgemaak het.”Devin T.

5. Niemand verlaat jou huis honger nie.

“Ek probeer aanhoudend om almal kos te gee. Wanneer mense kom kuier, bied ek altyd verskeie kere peuselhappies aan (selfs al is dit reg ná aandete). Ek maak seker niemand is honger nie – en as hulle is, is ek gereed.” – Kate B.

6. Jy laat ouvroustories voortleef.

“Ek sê vir my dogters om nie met nat hare buitetoe te gaan nie, selfs al het die wetenskap bewys dis nié hoe jy verkoue kry nie.” – Elizabeth P.

7. Jou sleutels? Dis waarskynlik onderin jou handsak begrawe.

“Ek dink altyd ek het iets verloor of dit êrens gelos, soek freneties daarna en kry dit dan op die regte plek.” – Kayla R.

8. Jy’s heel selfversekerd oor jou voorkoms.

“My ma het my en my susters geneem om te gaan inkopies doen en sou goed sien waarvan sy hou en sê: ‘Dit sal goed aan my lyk!’ Ons het gedink dis so vreemd en irriterend, maar nou doen ons dieselfde ding wanneer ons gaan inkopies doen iets iets kry wat by ons voorkoms pas.” – Molly C.

Van: Good Housekeeping US

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 realistiese Nuwejaarsvoornemens

Maak jou lys Nuwejaarsvoornemens meer realisties sodat jy in 2017 makliker daarby sal hou

Close