×
Skakel na Engels

8 stille tekens dat jy nie gesond is nie

As jy klein veranderinge raaksien, is daar moontlik groter onderliggende probleme waaraan jy moet aandag skenk.
dry lips

Moet nou net nie te veel simptome begin raaksien nie: Alledaagse tekens is soms maar net dit. Maar as dit aanhou of met ander simptome gepaardgaan, kan dit op iets groters dui. As dít die geval is, moet jy ’n dokter spreek.

1. Jy raak grys voor 40
Hare wat voortydig grys word, kan ’n mediese oorsaak hê. “As jy 50% grys hare voor die ouderdom van 40 het, moet jy moontlik vir diabetes ondersoek word,” sê Dr. Joan Liebmann-Smith.

2. Gebarste lippe
Skeurtjies in jou mondhoeke word soms deur ’n tekort aan vitamien B of sink veroorsaak.

3. Yl wenkbroue
As jy haartjies vanaf die buitenste hoeke van jou wenkbroue verloor, kan dit op ’n onderaktiewe skildklier dui.

4. Die wit deel van jou oog is nie so wit nie
Dit dui gewoonlik daarop dat jy moeg is of te veel drankies die vorige aand gehad het, maar pas op vir wit wat geel word wanneer jy afgerem is – dit kan ’n teken van Gilbert se sindroom wees, ’n lewersiekte waar bilirubien (’n geel pigment wat uit die afbreking van verouderde rooibloedselle vervaardig word) in die bloed opbou, wat geelsug veroorsaak.

5. Hoendervel
Permanente hoendervel kan deur te veel keratien veroorsaak word. Dit is heel algemeen en skadeloos, maar as dit jou pla, kan jy ’n seepvrye lyfwasmiddel en baie bevogtiger gebruik. As dit aanhou verskyn, besoek jou dermatoloog.

6. Rooi handpalms
Dit kan ’n vroeë teken van lewersiekte wees – jy sal heel moontlik ook siek en uitgeput voel. Dit is wys om so gou moontlik ’n mediese kenner te raadpleeg om die skade te verminder.

7. Onooglike naels
Naels wat bleek by die naelvliesies en bruinrooi by die punte is, kan daarop dui dat jou niere swaarkry.

8. Koue voete
Buitengewoon koue voete word met Raynaud se siekte verbind, waar die bloedtoevoer weg van jou vingers en tone vloei. Moenie net warm sokkies aantrek nie – Raynaud se siekte gaan gepaard met verskeie outo-immuunsiektes, en dus moet jy daarna laat kyk.

Hierdie artikel het oorspronklik op goodhousekeeping.com verskyn.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 wenke hoe om die beste selfies nóg te neem!

Sosiale media sal net nooit dieselfde wees sonder die selfie nie! Laat staan egter daardie tuitmondjie en gaps hierdie vindingryke...

Close