×
Skakel na Engels

8 redes hoekom stap goed vir nuwe ma’s is

Om weer fiks te word is so maklik soos een voet voor die ander sit. Hierdie wonderlike wenke sal jou aan die gang kry

As ’n nuwe ma is jy van van vroegoggend tot laatnag besig, en tussen voedings, doeke ruil en die tyd dat jy ’n band met jou baba vorm, is oefening die laaste ding waaraan jy dink. Om aktief te bly is egter nie net goed vir jou gesondheid nie, maar dit help ook om jou energie- en fiksheidsvlakke by die ekstra vereistes van jou lewe as nuwe ma te laat aanpas. Skechers, die internasionaal vertroude handelmerk agter Skechers Gowalk 3-stapskoene, glo dat net ’n paar minute se gefokuste stap per week nuwe ma’s se gesondheid drasties kan verbeter.

  1. Stap is gratis

Eerstens hoef jy nie by ’n gim aan te sluit en tyd te vind om geskeduleerde klasse by te woon of ’n heel nuwe klerekas te kry om aan die gang te kom nie. Al wat jy moet doen, is om jou stapskoene aan te trek en uit te kom, wanneer dit jou ook al pas. As jy ’n werkende ma is, gaan stap in jou etensuur. Jy sal ekstra-verfris en aandagtig wees wanneer jy na jou lessenaar terugkeer.

  1. ’n Paar minute is al wat jy nodig het

’n Flink stappie vyf dae van die week is al wat jy nodig het om jou lyf terug te kry, fiks te word en jou hart te versterk. As 30 minute na ’n lang tyd klink, begin met 10 minute en maak dit geleidelik meer oor ’n week of twee.

  1. Dra die regte skoene

Om seker te maak jy bly op dreef en loop nie ’n dag mis nie, moet jy skoene kry wat dit ’n plesier en gerieflik maak om te stap sonder dat jy beserings opdoen. Kies skoene wat ruimte bied om jou tone in te wikkel en te keer dat jou hakke glip. Dit moet ook lig en buigsaam wees.

  1. Kry ’n plek wat jou laat ontspan

Dis bewys dat om in ’n park of groen ruimte te stap depressie verminder en eiewaarde laat toeneem.

  1. Trek jou maag in

Jy sal die beste resultate kry as jy jou maagspiere styf maak terwyl jy stap. Dit sal jou help om regop te stap en sal jou ook met jou asemhaling help.

  1. Stap gaan nie net oor jou bene nie

Dit gaan ook oor jou arms! As jy hulle swaai terwyl jy stap, versterk dit die spiere in jou arms, skouers en die boonste gedeelte van jou rug.

  1. Hou dit interessant

Stap elke dag verskillende roetes met terreine wat jou lyf op verskillende maniere uitdaag. Heuwels lyk dalk skrikwekkend, maar dit sal jou boudspiere oefen en meer kilojoules verbrand, terwyl drafstap tussen bakens verskeidenheid by jou roetine sal voeg.

  1. Maak dit sosiaal

Kry ’n vriendin om saam te stap. Stap is ’n goeie manier om met jou lewensmaat of ’n goeie vriendin op te vang.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Man sing vir sy 93-jarige sterwende vrou

’n Bewys dat paartjies wat saam sing saam bly

Close