×
Skakel na Engels

8 redes hoekom jy altyd toilet toe moet gaan

Daar is allerhande dinge wat dit kan veroorsaak. Deur Catriona Harvey-Jenner
8 redes hoekom jy altyd toilet toe moet gaan

 

Dit kan uiters ongerieflik en soms regtig ’n verleentheid wees wanneer dit gebeur, maar die meeste van die tyd is daar ’n identifiseerbare rede agter jou swak blaas wat vinnig en maklik behandel kan word. Ons het dr. Seth Rankin van die London Doctors Clinic gevra om die moontlik oorsake van jou gereelde toiletbesoeke te verduidelik.

Eerstens verduidelik Rankin hoekom ons liggaam die behoefte het om te urineer om ’n bietjie konteks te verskaf oor wat aangaan as jy so dikwels moet gaan. Ons urineer om enige afvalstowwe uit te spoel, en dit beteken ’n hoër “uitset” van urine is gewoonlik eenvoudig ’n teken van goeie hidrasie.

Dit hou ook liggaamsvloeistofvlakke laag, want as dit nie gebeur nie, “bou vloeistof op die in die vorm van edeem, oftewel watersug, wat dikwels gesien word in die vorm van gewelde enkels”, sê hy. Jy behoort dus eintlik aan gereelde toiletbesoeke as ’n goeie ding te dink, maar daar is ’n paar moontlike redes hoekom dit gebeur:

1. Jy drink te veel vloeistof

Ja, dis miskien onnodig om te sê, maar as ons te veel vloeistof drink, sal ons meer gereeld toilet toe moet gaan. Daar word soveel oor die gesondheidsvoordele gesê van elke dag 2 liter water te drink, maar dit is ’n mite,” sê Rankin. Hy verduidelik hoekom:

“Navorsing baie jare gelede het getoon dat die gemiddelde mens elke dag sowat 2 liter water nodig het vir optimale gesondheid. In dieselfde navorsing is genoem dat sowat 1,6 liter kom uit die kos wat ons eet. Selfs kos wat regtig droog in jou mond voel, bestaan grootliks uit water.”

Volgens Rankin het ons eintlik slegs sowat 400 ml tot 600 ml (ongeveer twee glase water) per dag nodig, hoewel dit verskil as jy sistitis of ’n ander rede het hoekom jy meer gereeld wil urineer.

2. ’n Ooraktiewe blaas

Te gereelde toiletbesoeke en die sporadiese ongeluk kan ’n teken van ’n ooraktiewe blaas wees. Dit is wanneer die blaas skielik en onbeheers saamtrek, selfs al is dit nie vol nie, om geen duidelike rede nie.

Rankin sê as dié sametrekking met ’n verlies aan blaasbeheer geassosieer word, staan dit as “dranglek” (urge incontinence) bekend. “Hoewel die oorsaak onbekend is, kan bekkenvloer- en blaasoefeninge help om blaasbeheer terug te kry, saam met gewigsverlies (indien nodig) en deur minder kafeïen te drink.”

3. Diabetes

Een van die hoofsimptome van diabetes is om uitermatig dors te voel, en dit kan tot ’n oormatige inname van vloeistof lei. “Ongediagnoseerde diabete drink dikwels veel meer vloeistof as gewoonlik voordat hulle gediagnoseer word. En soos ons almal weet: Wat ingaan, moet uitkom!”

As jy hieroor bekommerd is, is dit dalk tyd om jou dokter te besoek om jou glukosevlakke te laat nagaan.

4. Urinêre inkontinensie

Urinêre inkontinensie word gedefinieer as “onopsetlike urinering” en kan ’n verleentheid veroorsaak, maar dit is eintlik baie algemeen. Oorsake kan wissel van skade tydens kindergeboorte tot ’n nasleep van sekere chirurgie soos ’n histerektomie.

Rankin verduidelik: “Wanneer ’n mens lag, hoes en nies, kan dit die druk in die blaas soveel vermeerder dat jy nie jou urine kan inhou nie, en dit lei tot ’n ongeluk.” Om jou bekkenvloerspiere te oefen kan ook hiermee help.

Lees ook: Wetenskaplikes ontdek hoeveel urine daar in die gemiddelde swembad is

5. Senuwees

Ons ken almal die senuagtige gevoel wat maak dat ons moet urineer reg voor daardie groot onderhoud, op pad na jou toe-oë-afspraak of voor daardie vreeslike eksamen. Jy wéét jou blaas is nie vol nie en jy hoef nie eintlik te gaan nie, maar jou gedagtes wil nie tot rus kom voordat jy ten minste probeer het nie.

“Dit is ’n ongerieflike deel van die liggaam se simpatieke senustelsel – die ‘veg- of vlugrespons” op stresvolle situasies,” sê Rankin. “Dit stel ’n opwelling van die hormoon adrenalien in die bloed vry, wat weer urinevloei verhoog.”

6. ’n Klein blaas

Jy sal dalk verbaas wees oor hoe min vloeistof die blaas bevat. “Die blaas bevat gemiddeld 300 ml tot 500 ml water, wat net ’n paar koppies tee of ’n klein botteltjie water is. Maar as jy vind dat net een drankie jou toilet toe laat hardloop, is dit dalk omdat jy ’n klein blaas het.

“Net so sal jy agterkom dat jy baie meer toilet toe moet gaan as daar druk op jou blaas is, soos in die laat stadiums van swangerskap.”

7. ’n Verslawing aan warm drankies …

Hoe meer tee en koffie jy drink, hoe meer gereeld moet jy toilet toe gaan. Rankin verduidelik: “Kafeïen is ’n diuretikum, wat beteken dit verhoog urienproduksie en verminder die liggaam se totale vloeistofvolume.”

Dieselfde geld vir alkohol, wat die wetenskap verduidelik oor “wanneer die seël gebreek word” en ook hoekom jy altyd die volgende oggend met ’n mond droër as die Sahara-woestyn wakker word.

8. Gewoontebesoeke aan die toilet

Soms het jy nie nodig om te urineer nie; dis net ’n gewoonte. “Of dit nou voor die begin van ’n lang fliek is, wanneer jy ver gaan ry (of as die reis pas begin het, as jy daardie irriterende een is), of die laaste ding voordat jy gaan slaap, daardie gewoontebesoek is dalk bloot sielkundig.”

Van: Netdoctor UK

FOTO: iStock/grinvalds

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief