×
Skakel na Engels

8 puik boetiek-jenewers uit eie bodem

Suid-Afrika staan glad nie terug wanneer dit by jenewer kom nie!

 

Boetiek-jenewer (craft gin) is die nuutste gonswoord – en hier op eie bodem staan ons nie terug nie! Maak seker jy het een van dié op jou dranktrollie. En wat ‘n wonderlike geskenk maak ‘n eg-Suid-Afrikaanse jenewer nie! Gesondheid!

Musgrave Gin

Musgrave Pink Gin: Gebore uit die geure en geskiedenis van Afrika. Musgrave Gin bevat 11 blom- en plantgeure. Dié sagte, minder speseryryke pienk jenewer beklemtoon die blomgeure van roosbottels en rooswater. R429, Makro Liquor

local

Musgrave 11 Premium: Hierdie is nie sommer so ‘n hierjy-jenewer nie. Met topnote van aromatiese kardemom, Afrika-gemmer en paradyskorrels herinner dié drankie sterk aan die bekoorlike geur van speserymarkte. R429, Makro Liquor

Wixworth Gin

‘n Kunstig gebalanseerde jenewer met ‘n subtiele ondertoon van Suid-Afrikaanse renosterbos. Hoekom nou juis renosterbos? Wanneer renosterbos gekombineer word met die beste tradisionele plantgeure, gee die delikate blom- en soet dennegeur, gekombineer met die subtiele speserygeur van renosterbos, dié heerlike drankie ‘n komplekse smaak. R279, Makro Liquor

Hope on Hopkins Mediterranean Gin

Geïnspireer deur die geure aan die Mediterreense See. Hierdie jenewer bevat ondertone van olyf, roosmaryn, basielkruid, tiemie en kardemon, en botone van sitrus met ‘n tikkie jenewerbessie. R469, Yuppiechef.com

Inverroche Gin

Inverroche Gin Verdant: ‘n Subtiele geur met note van Afrika, die Verre Ooste en Europa. Vir ‘n nog meer besonderse smaakervaring word dié drankie ná distillering vlugtig blootgestel aan laatsomerbloeisels, wat ‘n delikate, vars groen noot tot gevolg het. R449, Yuppiechef.com 

Inverroche Gin Classic: ‘n Jenewer met ‘n vars geur en ryk tekstuur wat 15 tradisionele en handgeplukte plante uit Afrika kombineer. Sagte rooiseder as topnote word gevolg deur vars sitrusgeure en ondertone van Kaapse fynbos. R449,  Yuppiechef.com 

Inverroche Gin Amber: ‘n Volronde, komplekse jenewer wat die resultaat is van ‘n harmonieuse vermenging van blomme uit Afrika met speserye en bessies van Indië en Europa. Aardse basisnote word gebalanseer deur top-note van vars sitrus en jenewerbessie, afgerond tot ‘n delikate blomgeur. R449, Yuppiechef.com 

Triple Three African Botanicals Gin

Hierdie jenewer is gedistilleer uit sewe plantstreke, insluitend die flora van die Wes-Kaap, en bied sagte, ronde en elegante kruiegeure. Alle plante is sorgvuldig gekies om die verleidelike vermenging van Suid-Afrika se flora met die elegante jenewerbessie te beklemtoon. R319, Makro Liquor 

 

Wenk: Drink jou gunsteling-jenewer met net die beste kinawater – soos die nuwe Fitch & Leedes Pink met sagte borrels en ’n fyn balans om te verseker dat jy die beste smaak ervaar, net soos die meester-distilleerder dit bedoel het. 

Foto: iStock/deniskomarov

Lees ook:

Verander goedkoop wyn in duur wyn met dié 30-sekonde-truuk

5 goed wat jy nou dadelik kan weggooi 

5 van die beste roomyswinkels in Kaapstad 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Moedersdagkopies vir minder as R150!

Bekostigbare presente waaroor jou ma dol sal wees

Close