×

8 mooi bra’s vir rondborstige vroue

Ons het gou deur die kettingwinkels gedraf om te kyk waar mooi bra’s in groter nommers te kry is. Hier is ons vondse

 

 

1. R230 vir A tot DD, Collections Balconette by Woolworths.

 

2. R260 vir A tot DD, Ciara by Woolworths.

 

3. Die Woolworths All Day Comfort-bra het ’n breër rug met versteekte rek en is van ’n slim sponsstof wat die vorm van jou kurwes aanneem. R190 vir 32B tot 38B.

 

4. Die Playtex Generous Ultimate Comfort-reeks bied gemaklike, optimale ondersteuning. R215 vir 34B tot 48E, Foschini en Edgars.

 

5. Dié speelse Triumph-bra met kolletjies het drie knippe agter vir ekstra ondersteuning. R290 vir 32B tot 40DD, Foschini en Edgars.

 

6. Ons is dol oor dié fraai opstootbra met kantdetail. R370 vir 34B tot 40D, After Eden by Stuttafords.

 

7. Die Truworths Skiny Bodywear Multi Way-brareeks het soomlose keëls en bandjies wat jy kan afhaal. Jy kan die bandjies op drie maniere dra: skouerloos, halternek en vir weggesnyde skouers. R270 vir ’n dubbelpak, 34B tot 38DD.

 

8. Dié Truworths Skiny Bodywear T-hempbra kan jy ook in ’n sportstyl (racerback) dra. R270 vir ’n dubbelpak, 34B tot 38DD.

 

 

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief