×
Skakel na Engels

8 maniere om ’n syserp te dra

Is daar enige iets veelsydigers as ’n klassieke syserp? Kyk hier hoe om hierdie moet-hê-bykomstigheid te dra

1. Die Franse kinkel

silk scarf1

Hierdie styl pas by so te sê enige uitrusting in jou klerekas. Kombineer dit met ’n hemp en lyk oombliklik sjiek en elegant.

Fotobron: Who What Wear

2. Dra dit in lae

silk scarf2

’n Rok wat heeljaar gedra kan word, is ’n wonderlike toevoeging tot enige klerekas. Gee jouself ’n vars, nuwe voorkoms deur ’n belt en ’n serp by te voeg.

Fotobron:  Tim Regas / Instagram-gebruiker @wheresmydriver

Lees ook: Hoe om ’n veelsydige klerekas saam te stel

3. Knoop dit

silk scarf3

Wanneer jy soggens min tyd het, is hier ’n vinnige manier om jou uitrusting met die minimum moeite ’n bietjie oemf te gee.

Fotobron: The Buffalo Hunter

4. Gebruik dit as ’n belt

silk scarf4

Omskep jou serp in ’n belt. Moenie bang wees om met kleur- en patroonryke serpe te speel wanneer dit by hierdie voorkoms kom nie.

Fotobron: MaiTai’s Picture Book

5. Tooi jou hare mooi

silk scarf5

Draai ’n kleurryke serp om jou bolla vir ’n verrassende tikkie kleur.

Fotobron: MdeMulher

Lees ook: Die beste kleure om vir jou veltoon te dra

6. Drapeer dit rondom jou nek

silk scarf6

Kies ’n minimale voorkoms sonder te veel kleur en laat jou serp die ster wees.

Fotobron: Pouted

7.  Sjiek cowboy

silk scarf7

Hierdie voorkoms is sjieker as die gewone cowboy-voorkoms.

Fotobron: Bloglovin’/John Hillin

8. Gooi dit net om jou nek

silk scarf8

Vou jou serp ’n paar keer en gooi dit eenvoudig om jou nek – deftig, eenvoudig en so maklik!

Fotobron: PetiteAsianGirl
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief