×
Skakel na Engels

8 lieflike rokke met moue (wat ook jou knieë sal bedek)

Kies dié rokke as jy ’n bietjie minder been (of arm) wil wys

As jy dol is oor rokke dra, maar nie graag jou arms en knieë wil wys nie – en daar’s baie van ons! – dan is hierdie pragtige kopies beslis vir jou!

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Die oorvourok

Voeg dié klassieke Diane von Furstenberg-geïnspireerde rok by jou klerekas. Dra dit met gemaklike sandale in die somer of met kouse en stewels in die winter.

1. R699, Missguided by Superbalist

2. R650, Foschini

3. R1 199, Mango by Spree

Die kaftan-rok

Hoewel kaftans tradisioneel stranddrag was, is dié styl nou ’n sjiek keuse vir die dag of aand.

4. R799, Spree 

5. R599, Vila by Superbalist

Die maksi-hemprok

Lyk vinnig en maklik mooi met een van dié lang hemprokke. Dis ewe geskik om werk toe, winkels toe en selfs na jou kind se sportwedstryd te dra.

6. R499, Style Republic by Spree

7. Vanaf R554,82, Woolworths

8. R499, Foschini

LEES OOK: 

5 lieflike winterjasse vir minder as R1 000

7 maniere om die laag-op-laag-voorkoms dié winter te bemeester

5 winterwarm stylgeheime

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ons gunsteling-rooitapyt-uitrustings van 2017

Hier is die uitrustings wat die kollig gesteel het!

Close