×
Skakel na Engels

8 idees vir Vadersdaguitstappies

Neem jou pa uit op Vadersdag

As jy nie vanjaar Vadersdag binnenshuis wil deurbring nie, het ons vir jou ’n paar fantastiese Vadersdaguitstappies om te oorweeg.

KwaZulu-Natal

1. Zizi’s Restaurant

Bederf jou pa met ’n regte, egte Afrika-maaltyd in Zizi’s Restaurant by die Umdlalo Lodge en hy sal ’n gratis bier of sider van sy keuse kry! Maaltydpryse begin by R140. 039 695 02243 | www.umdlalolodge.co.za

2. Dalchini

Neem jou pa vir ’n propperse high tea in die restaurant Dalchini in die Fairmont Zimbali-oord. Elke teemaaltyd kos R275 en is genoeg vir tot drie mense. 032 538 5000 | www.fairmont.com 

3. Wild 5 Adventures

Vier ’n spesiale dag saam met die man wat die superheld in jou lewe is. Bederf jou pa met ’n goeie rondte verfbal by Wild 5 Adventures in Port Shepstone. Koste: R150 per persoon per spel. 082 566 7424 | www.wild5adventures.co.za 

Wes-Kaap

4. Shimmy Beach Club

Neem jou pa na die Shimmy Beach Club op Vadersdag vir ’n familiemark wat spesifiek vir pa’s ontwerp is. Toegang is gratis, maar tafelbesprekings vir middagete is noodsaaklik. 021 200 7778 | www.shimmybeachclub.com 

5. Die Thali Thali-wildreservaat

Die Thali Thali-wildreservaat nooi die hele gesin om Pa se spesiale dag met ’n buffet-styl-ete te vier. Koste: R240 per volwassenes en R120 per kind (vyf tot 12 jaar). Dis noodsaaklik om te bespreek, want die ruimte is beperk. 082 372 8637 | www.thalithali.co.za

6. Source

Bederf jou pa met ’n driegang-ete by Source in Hermanus. Koste: R255 per persoon (drankies nie ingesluit nie). 028 125 0025 | Facebook: Source Hermanus

Oos-Kaap

7. Pinecreek Restaurant & Farmstall

Geniet ’n Vadersdagbuffet by die Pinecreek Restaurant & Farmstall in Oos-Londen. Koste: R150 per volwassene en R75 per kind jonger as 10. 043 732 1101 | www.pinecreek.co.za 

8. The Club in Birdstraat

’n Spesiale Vadersdagspyskaart is hierdie Sondag by The Club in Birdstraat in Port Elizabeth beskikbaar teen slegs R230 per persoon. Kinders onder 12 betaal halfprys. Besprekings is noodsaaklik. 041 585 1919 | www.pestgeorgesclub.co.za 

FOTO: iStock/gradyreese

LEES OOK:

Vadersdaggeskenke vir elke begroting

Die perfekte Vadersdaggeskenk is net ’n kliek ver

Pa maak sy seuntjie se tekeninge ’n werklikheid

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vadersdaggeskenke vir elke begroting

Iets vir die gunstelingman in jou lewe!

Close