×
Skakel na Engels

8 gratis oefenvideo’s op YouTube wat jou lewe sal verander

Wie sê jy het ’n duur gimlidmaatskap nodig om fiks te word?
youtube workouts

As jou Nuwejaarsvoorneme is om fiks te word, maar duur gimlidmaatskap sit jou af en jy wil nie buite in die koue oefen nie, het ons dalk nét die oplossing.

Die videowebwerf YouTube is tot barstens toe vol ekspert-oefenklasse wat jy in die gerief van jou eie huis kan probeer. Dit bied die gerief van ’n oefen-DVD teen absoluut geen koste nie (al wat jy nodig het, is ’n internetverbinding!).

Of jou doel is om vet te verbrand of ’n fermer lyf te hê, ons het die web gefynkam vir vyf van die beste gratis oefeninge op YouTube. Waarvoor wag jy? Kry jou skootrekenaar en kom dadelik aan die gang!

“Revolution – Day 1, Practice Ease” deur Yoga with Adriene

Beste vir: Joga

Hoekom moet jy dit doen? Die voordele van joga is ongelooflik, van stresbevegting tot meer soepelheid. As jy nog altyd joga wou probeer, maar nie vir klasse wou betaal nie, is “Yoga with Adriene” vir jou.

Dit is ideaal vir beginners. Die instrukteur, Adriene, het ’n 31-dag-“Revolution”-plan geskep wat maklik is om te volg en dit sal jou verslaaf maak aan hierdie stresbevegtende aktiwiteit. Begin geleidelik met die “Day 1”-video en teen die einde van die maand doen jy dalk die “downward dog”-beweging soos ’n kenner.

Skryf vir die program in op Adriene se webwerf en jy sal ook ’n oefeningbeplanner ontvang wat jy kan aflaai, asook ’n daaglikse e-pos vir ekstra motivering.

 LEES OOK: 3 maklike joga-oefeninge wat jou sal laat glimlag

 

 

“Total Body Tone Up!” deur Tone It Up

Beste vir: Vollyf-spiertonus

Hoekom moet jy dit doen? As jy jou hele lyf op een slag wil verferm, is hierdie vollyf-tonusoefeninge van die twee gewilde persoonlike afrigters van Tone It Up dalk net wat jy nodig het.

Ons sal erken die inleiding/klankbaan is dalk ’n bietjie simpel, maar moenie dat dit jou afsit nie, want hierdie twee weet regtig waarvan hulle praat, en het om ’n goeie rede ’n klomp lojale volgelinge opgebou: Hul oefeninge werk.

Dit duur 14 minute en sluit opwarming in om beserings te voorkom. Die vroue gee duidelike aanwysings en hope aanmoediging.

LEES OOK: Hoe om ’n plat, gespierde maag te kry

 

“32 Minute Home Cardio Workout with No Equipment” deur Fitness Blender

Beste vir: Kardio/vetverbranding

Hoekom moet jy dit doen? As jy vet wil verbrand, probeer om ’n bietjie in jou woonkamer te sweet met hierdie halfuur-kardioroetine van die spesialiswebwerf FitnessBlender.com.

Dis ontwerp om jou te help om soveel kilojoule moontlik te verbrand. Dit verg absoluut geen toerusting nie, wat dit baie maklik maak om by die huis te doen.

Daar is selfs ’n nuttige skakel sodat jy die aanwysings kan uitdruk en met die bewegings vertroud raak voordat jy begin. Dis geen wonder die video is al meer as 9 miljoen keer gekyk nie!

LEES OOK: 7 swemwenke van ’n kenner

 

“5 Minute Flat Belly Ab Workout” deur PopSugar Fitness

Beste vir: ’n Plat maag

Hoekom moet jy dit doen? ’n Platter maag in net 5 minute? Teken nou in! Hierdie doelgerigte oefeninge van die spesialiskanaal PopSugar Fitness kan selfs met ’n swaar boek pleks van handgewigte gedoen word. Ons daag enige iemand uit om ’n goeie verskoning te kry om dit nie te probeer nie!

Vergeet eindelose opsitte. Hierdie staanroetine is op jou maagspiere gemik en sal jou help om jou middellyf fermer te maak. Die beste deel? Die afrigter gee wenke oor hoe om dinge ’n bietjie makliker te maak as jy ’n beginner is.

LEES OOK: 5 redes hoekom jy nie daardie laaste bietjie maagvet verloor nie

 

“30 Day Fat Burn: Legs and Butt Shaper Workout” deur BeFit

Beste vir: Verferming van jou bene en boude

Hoekom moet jy dit doen? As jy op die onderste deel van jou lyf wil konsentreer, waaronder jou bobene en boude, kan hierdie 10-minute-roetine van die gewilde fiksheidskanaal BeFit wondere verrig.

Dié oefening sal jou help om daardie moeilike dele te takel. Dit is ontwerp om vet te verbrand, en inkorporeer ’n mengsel van kardiobewegings en kragoefeninge. Die beste van alles is dat jy net ’n handdoek en ’n bottel water nodig het. Die roetine kan ook vir jou vlak aangepas word.

LEES OOK: Ferm boude, slanke bene

 

 

“Total Arm Workout” deur XHIT Daily

Beste vir: Ferm arms

Hoekom moet jy dit doen? Om die spiertonus van jou arms te verbeter kan ingewikkeld wees, en dit is hoekom ons verheug was toe ons hierdie 10-minute-roetine van die gewilde oefenkanaal XHIT Daily ontdek het.

Jy kan blikkieskos gebruik as jy nie gewigte het nie, en die pas is nie te intens nie, wat beteken hierdie oefeninge is maklik om te volg, ongeag jou fiksheidsvlak. Met die duidelike aanwysings en ’n fokus op die korrekte tegniek is ons nie verbaas dat dit video al meer as 4 miljoen keer gekyk is nie.

LEES OOK: Raak ontslae van pap boarms

 

 

“Get Fit 4 Free – The SB 30 Day Sweat Hiitgirl Workout” deur Sweaty Betty

Beste vir: Hoë-intensiteit-intervaloefening (HIIT)

Hoekom moet jy dit doen? HIIT is al ’n geruime tyd groot nuus in fiksheidskringe, en om ’n goeie rede. Dié soort oefening help jou om vet op die doeltreffendste manier te verbrand deur intense tye van aktiwiteit en rus af te wissel.

Hoewel dit waarskynlik nie die beste oefening is om te probeer as jy lanklaas geoefen het nie, bied hierdie 30-minuteroetine van die oefendrag-etiket Sweaty Betty drie verskillende vlakke vir almal van nuwelinge tot ervare HIIT-aanhangers.

LEES OOK: Hoekom spring die beste oefening is

 

 Van: Prima

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Dís hoe GH-leser Farenaaz Allie 36 kg verloor het

Farenaaz Allie is ’n 44-jarige-oue maatskaplike werker en getroude ma van drie. Sy het haar gesondheid in haar eie hande geneem...

Close