×
Skakel na Engels

8 goeie apps vir opknapprojekte

Span dié apps in om jou huis in ’n japtrap met min moeite soos ’n kenner op te knap

Pinterest

Dis die beste app vir inspirasie en instruksies. Vind alles van innoverende maniere om ’n vertrek met muurpapier te versier tot vernuftige herwinningsidees en meer. Pin idees op jou eie aansteekborde. (Gratis)

Houzz Interior Design Ideas

Met meer as 7 miljoen foto’s van binnenshuise versiering sal jy nie ’n tekort aan idees hê nie. Soek volgens style of vertrekke en stoor jou kortlys op ’n virtuele ideeboek, wat jy kan saamneem winkels toe. (Gratis)

Home Design 3D – Free

Skuif meubels, vensters en matte rond om ’n vertrek te visualiseer nog voordat jy ’n kontrakteur inroep. Laai ’n bouplan of skets op en vertoon dit op die agtergrond van die projek. (Gratis)

iHandy Level

Kunswerke wat skeef hang, kan afbreek aan jou andersins pragtige dekor doen. Dié app sal jou help om kunswerke, asook gordynstokke, muurpapier, rakke en handvatsels, perfek reguit te hang. (Gratis)

Handy Man DIY

Spaar geld deur net die nodige vir ’n projek te koop. Pons die afmetings van ’n vertrek in en die app sal uitwerk hoeveel verf, vloerbedekking,

ensovoorts jy nodig het. Die tutoriale is baie nuttig. (R27,99)

The Family Handyman DIY Tip Genius

Het jy raad oor selfdoentake nodig? Spaar tyd én geld deur dit die eerste keer reg te doen. Dié app het ekspert-wenke oor van houtwerk tot huisversorging. (Gratis)

Convert Units

Gebruik die handleiding van die selfdoen-boekrak wat jy gekoop het die imperiale stelsel? Skakel dit maklik na metrieke eenhede om. Die app skakel ook oppervlakte en volume om. (Gratis)

Feng Shui Bagua Map

Hoekom probeer jy nie feng shui in jou huis nie? Dié app sal jou wys waar die rykdomhoekie is of hoe om jou liefdesone ’n hupstoot te gee. Jou huis kort dalk net ’n bietjie nuwe energie. (R39,99)

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Suid-Afrika se souterigste hamburger vir kinders

Wou jy kitskos vir aandete kry? Lees eers hier

Close