×
Skakel na Engels

8 gewilde soesjiplekke in SA

Soveel smullekker soesjigeregte … en so min tyd!
soesjiplekke

Soesji is oorspronklik van Japan, maar dis deesdae net so gewild op Suid-Afrikaners se spyskaarte as wat bobotie en boereworsrolletjies is! Party soesji-restaurante verkies om dit baie tradisioneel te hou, terwyl ander vir hul unieke skeppings bekend is. Hier is ’n paar van die beste soesjiplekke (volgens ons, natuurlik) in die land:

WES-KAAP

1. Salushi – Claremont

Salushi, wat in die hartjie van Claremont geleë is, is ’n versteekte soesji-skat met baie billike pryse. Dié Asiaties geïnspireerde eetplek is bekend vir sy gehaltekos en goeie diens. Dis in die middel van Kaapstad se kommersiële kern in die suidelike voorstede geleë en is dus die ideale bymekaarkomplek vir soesjiliefhebbers in dié gebied.

Hulle bied daagliks 50% afslag op hul soesji van 12:00 tot 17:00 en ook op Sondag-, Maandag en Dinsdagaande.

LIGGING: Proteaweg 25, Claremont | KONTAK: 021 671 4271, info@salushi.com | PROBEER DÍT: Bon Bon’s Gift

2. Sevruga – V&A Waterfront

Beleef die V&A Waterfront in sy volle glorie met ’n ete by die spoggerige Sevruga-restaurant. Plaaslike inwoners stel voor jy kry ’n tafel binne vir ’n meer intieme ete, maar dis net so lekker buite in die sonnetjie.

Sevruga bied 50% afslag op hul soesji en dim sum van Maandag tot Sondag, 12:00 tot 18:00 (openbare vakansiedae uitgesluit) en ook op al hul skemerkelkies. Beluga, Sevruga se susterrestaurant in Groenpunt, het dieselfde spesiale aanbiedings.

LIGGING: Kaai 5, V&A Waterfront | KONTAK: 021 421 5134, info@sevruga.co.za | PROBEER DÍT: Snow Dragon Roll

3. Willoughby & Co. – V&A Waterfront

Willoughby & Co. bied hoëgehalte-soesji en hoewel dit teen ’n prys kom, is dit beslis die moeite werd om jouself af en toe hiér te kom bederf. Dis die ideale soesji-eetplek om ’n spesiale geleentheid te vier. Hul soesjisjefs gebruik net die beste bestanddele om smullekker geregte met treffende kleure en geure te skep.

LIGGING: Grondvloer, V&A Waterfront | KONTAK: 021 418 6115 | PROBEER DÍT: Volcano Sandwich

Lees ook: 4 van die beste “groen” restaurante in Kaapstad 

GAUTENG

4. Catch – Bedfordview

Catch is ’n Asiaties geïnspireerde restaurant met treffende dekor. Dis veral gewild onder inwoners van Oos-Johannesburg en bied hoëgehalte-soesjigeregte en soesjiborde om te geniet.

Vir ’n vinnige ete en om eerstehands te sien hoe die soesji gemaak word, kan klante by die soesjikroeg aansit. As jy egter ’n meer ontspanne soesji-ervaring verlang, kry ’n tafel en verkyk jou aan die lekker spyskaart.

LIGGING: Bedfordview-sentrum, hoek van Smith- en Van der Linde-weg, Bedfordview | KONTAK: 011 615 0155 of bedford@catchrestaurant.co.zaPROBEER DÍT: Soft Shell Crab Maki (’n rolletjie met bros sagtedopkrap, kaviaar en pikante mayonnaise)

5. Beluga – Waterfall

Beluga is dié plek om na toe te gaan as jy na die perfekte salmrose smag – en dit boonop teen halfprys! Hul spesiale soesji-aanbod geld van Maandag tot Saterdag vir die hele dag tot 19:00, en Sondae heeldag. Jy kan ook ’n skemerkelkie teen die helfte van die prys geniet – dis nou luuks!

LIGGING: Beluga by Waterfall Corner, Maxwell- en Woodmead-rylane, Midrand | KONTAK: 010 492 0674 | PROBEER DÍT: Firecracker Roll (tempoera-tuna, avokado, mayonnaise en sesamsaad)

6. Mizu – Randburg

Mizu is ’n sjampanje-, soesji- en oesterkroeg en die ideale plek om ’n spesiale geleentheid met vriende of familie te vier. Drink ’n glasie sjampanje en smul aan jou gunstelingsoesji met ’n lieflike uitsig oor Johannesburg se suidelike voorstede.

LIGGING: Lifestyle Business Park, hoek van Beyers Naudé-rylaan en Ysterhoutlaan, Randburg | KONTAK: 010 500 7966 | PROBEER DÍT: Uchi Platter (nigiri, sasjimi, rose, “inside-out”-rolletjies en ’n slaai van jou keuse) – dis die perfekte middagete vir twee.

Lees ook: Soesji 101

KWAZULU-NATAL

7. Green Mango – Avonmore and Umhlanga

Green Mango is ’n gewilde eetplek onder Durbaniete danksy sy heerlike soesji en billike pryse. Sjef Watchara neem die voortou (of is dit voorskoot?) in die kombuis van dié Thai-geïnspireerde restaurant.

LIGGING: Avonmore: Winkel 12 Avonmore-sentrum, 9de Laan, Morningside | Umhlanga: Protea Mall 51, Lighthouseweg, Umhlanga Rocks | KONTAK: Avonmore: 031 312 7054 | Umhlanga: 031 836 3680 | PROBEER DÍT: Chef’s Sandwich (agt stukkies tuna of salm op nori-seewier met ’n bietjie sprietuie en sesamsaad)

8. Daruma – Durban

Daruma dis eg Japannese geregte op en is beslis ’n móét vir soesjiliefhebbers. Besoekers stroom gereeld terug na hierdie soesjijuweel met sy vars seekos en smullekker kombinasies.

LIGGING: Southern Sun Elangeni & Maharani, Snellparade 63, Durban | KONTAK: darumadurban@gmail.com | 031 337 0423, 031 362 1322 | PROBEER DÍT: Tekka-Jyu Sushi (tuna- of pikante tuna-sasjimi op soesjirys)

FOTO: iStock/kzenon

LEES OOK:

10 ontbytplekke in Kaapstad waar jou hondevriend ook welkom is! 

10 kindervriendelike restaurante 

6 geregte met ’n verrassende oorsprong 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
“Ek het ophou drink”: Sabine Jones se verhaal

’n Ma van twee deel haar pad na herstel

Close