×
Skakel na Engels

8 gesondheidsvoordele van cayennepeper

Ons weet die kragtige rooirissie gee maaltye ’n heerlike geur, maar dit het ook verskeie gesondheidsvoordele.
cayenne pepper

 

Ons weet die kragtige rooirissie gee maaltye ’n heerlike geur, maar dit het ook verskeie gesondheidsvoordele. Cayennepeper bevat vitamiene C, B6 en E, asook kalium, flavonoïede en mangaan wat almal bekend is vir hul kragtige antioksidanteienskappe. Wanneer jy volgende keer jou speseryrak aanvul, maak seker jy kry cayennepeper en gebruik dit daagliks wanneer jy kosmaak om die  voordele te benut.

  1. Dit bevorder spysvertering Dit stimuleer die speekselkliere, wat meer speeksel produseer en help om kos vinniger te laat verteer en selfs ’n slegte asem te beveg.
  2. Dit help verlig migrainepyn Hierdie kragtige spesery stimuleer ’n pynrespons in ’n ander deel van die liggaam sodat die liggaam op daardie deel fokus en nie die migraine nie en só die ondraaglike hoofpyn verlig.
  3. Dit kan bloedklonte verhinder Bloedklonte kan hartsiekte en beroertes veroorsaak, maar cayennepeper verminder die vorming van bloedklonte en verlaag dus jou risiko.
  4. Dit help met ontgifting Cayennepeper is ’n sirkulasiestimulant en help die limf- en spysverteringstelsels aan sodat die liggaam gifstowwe vinniger uitspoel.
  5. Dit kan verligting vir gewrigpyn bied Cayennepeper is ryk aan kapsaïsien, wat daarvoor bekend is dat dit tydelike “pyn” op die vel veroorsaak en boodskappe van die vel na die gewrigte stuur om gewrigpyn te verlig.
  6. Dit het antibakteriese voordele Cayennepeper is tradisioneel gebruik om kos te preserveer en te keer dat bakterieë dit bederf.
  7. Dis ’n fantastiese swamwerende middel Dit keer dat funguspatogene vorm, wat dit ’n uitstekende natuurlike produk maak om aan wonde aan te wend. (Eina, ons weet wat jy dink, maar die resultaat is goed!)
  8. Dis goed vir hartgesondheid Dit hou bloeddruk stabiel en verlaag LDL-cholesterolvlakke (die slegte soort) en trigliseriede.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief