×
Skakel na Engels

8 Dinge waarvoor jy moet ophou om verskoning vra!

Jammer sê is ’n belangrike deel van die lewe, maar te veel van enige iets kan sleg wees, selfs as jy te veel om verskoning vra!
om verskoning vra

1. Jou voorkoms

Om verskonings te maak vir ’n slegte haardag of moeë oë is ’n teken van ’n swak selfbeeld. Tensy jy die kleredrag heeltemal verkeerd kry of by die werk opdaag in jou pantoffels, is daar geen rede om verskoning te vra vir jou keuse in styl, hare of grimering nie.

2. Jou ouderdom

Sal ons ooit volkome tevrede wees met ons ouderdom? Ons is of te jonk, te oud of te middeljarig. Geniet jou ouderdom en hou op om iets of iemand te probeer wees wat jy dink ander mense van jou verwag.

3. Jou gevoelens

Moenie verskoning vra as jy ontsteld is of ongemaklik met iets is nie. Deur vir ander te sê hoe jy voel en wat jy dink, sal help om jou beter te verstaan. Maar te veel van ’n goeie ding is ook nie goed nie – dit is nie nodig om jou hele lewensverhaal te vertel elke keer as iemand vra hoe dit gaan nie!

4. Jou prestasies

Ag, as ons maar net hierdie graad of daardie loopbaan gehad het, sou dinge soveel beter gewees het. Die ding is, jy sal altyd voel of die gras groener aan die anderkant van die heining is. Wees gelukkig – en trots – op waar jy in die lewe is. En as jy wel ’n hele rits prestasies op jou kerfstok het, wees trots daarop! proud of them.

5. As jy ektyd soek

Dis oukei om nee te sê. Regtig! Ons het almal verskillende behoeftes wanneer dit by persoonlike ruimte en stiltetyd kom. As jy dus by die huis wil ontspan, maak hoflik verskoning vir daardie ete of nie-verpligte skoolvergadering. Jy hoef nie te verduidelik nie.

6. Om nie DADELIK te reageer nie

Tensy dit ’n noodgeval is, is dit heeltemal aanvaarbaar as jy nie dadelik op ’n boodskap, e-pos of oproep kan reageer nie. As jy kan, stuur ’n vinnige bevestiging soos “Ek het jjou boodskap gekry, maar is baie besig. Ek belowe ek sal na jou terugkom.”

7. Dinge buite jou beheer

Ons almal doen dit: Iemand kla oor ’n onbedagsame buurman, of oor die spitsverkeer waarin hulle vir ure lank vasgesit het, of ’n werkskrisis en jy reageer amper outomaties met “Ek is so jammer.” Nee, jy is nie, want dis nie jou skuld nie. Sê eerder, “Ek is so jammer dat dit met jou moes gebeur” of “ag nee, dit moes vreeslik gewees het.”

8. Omdat jy ‘jammer’ sê

Moenie jammer sê omdat jy jammer gesê het nie. Breek die siklus vandag nog!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief