×
Skakel na Engels

7 wenke om jou oë te beskerm

Sorg vir jou oë met hierdie nuttige inligting

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is daar 285 miljoen mense met verswakte sig, grootliks weens chroniese oogsiektes. Tagtig persent van verswakte sig kan vermy word as die probleem gediagnoseer en betyds behandel word. Hou jou oë gesond deur die volgende raad te volg:

1. Laat jou oë gereeld ondersoek (minstens een keer per jaar), veral as jy enige van die volgende simptome het:

  • Ontsteekte (rooi) oë
  • Visieverlies
  • Pyn in die oë
  • Uitpeuloë
  • Aangetaste oogbeweging

2. Ken jou familie se geskiedenis van oogsiekte. As jy ’n geskiedenis van oogsiekte in jou familie het, of ouer as 40 is, moet jy jou oë meer gereeld laat ondersoek.

3. Eet gesond en oefen gereeld. Kosse vir goeie ooggesondheid sluit vrugte en groente, en vis soos salm en tuna in.

4. Vermy rook. Selfs al rook jy nie, vermy tweedehandse rook, want dit is skadelik vir jou oë.

5. Dra oogbeskerming wanneer jy aan sport deelneem of wanneer jou oë aan beserings blootgestel kan wees. Dra ’n donkerbril wanneer jy in die son is. Kyk vir ’n bril wat 99% tot 100% UVA- en UVB-strale blokkeer.

6. Laat jou oë gereeld rus. Neem gereeld blaaskanse (minstens elke 20 minute) wanneer jy lees of na ’n rekenaar kyk. Moenie vergeet om jou oë te knip nie!

7. Wees higiënies. Wees versigtig dat jy nie met vuil hande aan jou oë vat of dit vryf nie. Was altyd jou hande deeglik voordat jy kontaklense insit of uithaal. Maak seker jy ontsmet kontaklense en vervang dit gereeld.

Novartis is ’n wêreldleier in oogsorg en is trots om Wêreldsigdag op 13 Oktober 2016 te ondersteun. Die maatskappy bied ’n verskeidenheid oogsorgoplossings, waaronder kontaklense en medikasie en chirurgiese toestelle vir die beheer van refraksie-afwykings en oogsiektes soos katarakte, gloukoom, ouderdomsverwante makulêre degenerasie, diabetes en droë oë. Die oorheersende doel is om sig te verbeter en in stand te hou, en om deel te neem in ’n wêreld waar almal ’n reg op gesonde oë het.

Kry nog inligting by www.novartis.co.za.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wortels is wonderlik!

Hier is ’n paar goeie redes hoekom jy meer wortels by jou dieet behoort in te sluit – en smaaklike...

Close