×
Skakel na Engels

7 wenke om elke druppel van jou skoonheidsprodukte te gebruik

Het jy jou oogskadupalet laat val? Of is jy ’n bietjie platsak? Wat ook al, dis nie nodig dat jou gunsteling-produkte vermors word nie
grimering

 

Of jy nou ’n baie streng begroting het of eenvoudig nie tyd het om winkels toe te gaan nie, hierdie slim wenke sal verseker dat niks van jou grimering vermors word nie.

1. Laat onderlaag langer hou deur vloeiroom by te voeg

Wanneer jy vloeiroom by jou onderlaag voeg, word dit oombliklik in ’n getinte bevogtiger verander, wat ligte bedekking en voeding vir jou vel bied. As jou onderlaag in ’n glasbottel is, giet bloot ’n bietjie vloeiroom by en skud die bottel om dit te meng. As jou onderlaag in ’n buisie is, sny dit oop en verwyder die orige produk met ’n wattestokkie (jy sal verbaas wees hoeveel in die buisie agterbly) en meng dit met die vloeiroom.

2. Hernuwe ou oogskadu’s met ontsmettingsalkohol

Het jy al ooit opgelet hoe sekere oogskadupalette besmeer en dof raak? Om dit nuwe lewe te gee, spuit eenvoudig ontsmettingsalkohol daaroor. Dit sal nie net die oorspronklike kleur herstel nie, maar dit ook help ontsmet.

3. Kry daardie laaste bietjie maskara uit deur die buisie in warm water te week

Maak net seker dis nog bruikbaar! Wanneer jy jou maskarabuisie in warm water week, maak dit die produk los wat aan die kante van die buisie vaskleef.

4. Maak ’n naellakbottel oop waarvan die doppie vassit

Warm water is weer eens die antwoord! Onthou net om net die doppie in die water te doop, want hitte kan die dikte en kleur van naellak verander.

5. Gebruik petroleumjellie om gekrummelde oogskadu te red

Het jy ’n oogskadu laat val, maar wil dit nie weggooi nie? Meng dit net met petroleumjellie om jou eie lipstiffieskakering te maak. Bêre dit agterna in ’n leë toetserhouertjie.

6. Hou ’n rak in jou yskas oop vir jou produkte

Dit lyk dalk vreemd langs die geurmiddels in jou yskas, maar jy kan die raklewe van fyngeure, naellak en lipstiffies verleng en dit sal help om die kleur, reuk en tekstuur te behou.

7. En laastens, probeer ’n Flip-it!

Is jy moeg daarvoor om botteltjies onderlaag en naellak te stamp om die laaste bietjie uit te kry? Die Flip-it! Automatic Bottle Drain blyk die antwoord te wees. Hierdie slim kontrêpsie stel jou in staat om jou botteltjies onderstebo te hou sodat swaartekrag die produk na die opening trek. Kliek hier vir nog inligting.

FOTO: iStock.com/eyenigelen

ALSO READ:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
’n Setsproei vir jou grimering

Hou jou grimering heeldag vars met hierdie sproei wat jy self kan maak

Close