×
Skakel na Engels

7 resepte vir weekaandetes

Ons het hierdie 7 resepte vir elke aand van die week spesiaal vir jou saamgestel – geniet dit!

Maandag: Kaas-tamatie-en-pesto-tert

pesto

Dié kaas-tamatie-en-pesto-tert is ’n liplek-lekker manier om die week te begin! #VleisloseMaandae hoef nie vervelig te wees nie; trouens, dit kan propvol geur en interessante teksture wees. Die tert is eenvoudig en geurig – ’n wenkombinasie vir die hele gesin. Dis ook ’n wonderlike manier om jou kinders hul groente te laat eet sonder dat hulle dit besef, bloot omdat dit so lekker smaak! Kry dié vleislose resep hier

Dinsdag: Rokerige beessosaties met koolslaai

BeefSkewers

Aan die ander kant is Dinsdag vir vleisliefhebbers! Hierdie rokerige beessosaties met koolslaai is ideaal vir ’n someraand in die tuin. Probeer hierdie sappige sosaties en laat die kinders jou help om dit te maak. Dit sal hulle van kos leer en hoe om smaaklike resepte te berei. Die koolslaai is ’n goeie manier om die ryk smaak van die vleis te komplementeer. Kry hierdie lekker vleisresep hier.

Woensdag: Hoender en noedels met ’n neutgeur

noodles

As daar oorskiet van hierdie resep oorbly, sal dit die volgende dag net so lekker wees. Só kan almal ’n ekstra happie van hierdie heerlike neuterige gereg kry. Mense met neutallergieë moet natuurlik wegbly, maar vir die res is dit ’n smullekker gereg! Die noedels en hoender se geur word deur die neuterige geur verskerp, wat deur die vars koljander geaksentueer word. Kry hierdie neuterige resep hier.

Donderdag: Diepgebraaide gevulde steurgarnale

prawns

Neem ’n bladsy uit jou kreatiewe handboek en probeer hierdie resep vir diepgebraaide gevulde steurgarnale. Dié gereg is eenvoudig manjifiek met die steurgarnale, vulsel en die diepgebraaide smaak. Kry hierdie seekosresep hier.

Vrydag: Appel-en-brie-pizza met gekaramelliseerde uie

pizza

Vier die einde van die week met kulinêre flair. Hierdie resep is perfek as jy jou vriende wil beïndruk wanneer hulle vir ’n gesellige aandete oorkom. Om dit so vars as moontlik te hou en vir die beste geur, bak die pizzas net voordat jy dit gaan voorsit. Die ongewone kombinasie bestanddele is ideaal vir avontuurlike eters en ’n fantastiese manier om nuwe geure te ontdek. Kry hierdie pizzaresep hier.

Lees ook: Onthaal sonder sukkel

Saterdag: Pitabroodjies met lamsvleis

Lamb-Pita-Pockets

Jou Saterdag-resep behoort net so moeiteloos soos die dag self te wees, en dit is hoekom hierdie pitabroodjies met lamsvleis ideaal is! Dié maklike resep is fantasties vir ’n groot groep, want jou gaste kan hul eie pitas vul soos hulle daarvan hou. Al wat jy moet doen, is om die bestanddele neer te sit en die gaste sal die res doen. Kry hierdie lamsvleisresep hier.

Sondag: Bros hoender met witwyn-pansous

Crispychicken

’n Klassieke hoendergereg vir ’n klassieke Sondag – dis presies wat hierdie resep jou sal gee. Die bros vel is ’n wenner en die witwyn-pansous is die perfekte afronding. Sprinkel ’n rojale hoeveelheid grasuie bo-oor net voordat jy dit voorsit. Dit voeg ’n ekstra tikkie geur, kleur en helderheid by die gereg. Kry hierdie hoenderresep hier.

Heerlike nagereg: Granaat-en-klappermelk-panna cotta

panna cotta

Verlei die sintuie met hierdie heerlike nagereg. Dié verfrissende gereg is ideaal vir ’n warm someraand – en dit lyk boonop fraai! Kry hierdie nageregresep hier

Sondag-gebak: Sjokoladetert met karamelgrondboontjies

chocolate weekly dinner recipes resepte

Hierdie resep is o-so-dekadent! Die kombinasie van die klassieke geure van karamel, grondboontjies en sjokolade lyk en smaak verruklik. Sit dit ná Sondagmiddagete voor en jou gesin sal na hul asem snak wanneer jy dit trots voorsit. Hou net in gedagte dat dit jou nogal besig sal hou, en dit moet afkoel en rus – maak dus seker jy het genoeg tyd. Kry hierdie dekadente resep hier.

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 heerlike aandetes vir die week

Ons het al die beplanning gedoen – jy hoef dit net te maak!

Close