×
Skakel na Engels

7 redes waarom ons nie in die koninklike familie sal wil introu nie

Min families sal by dié “huisreëls” kan kers vashou
Britse koninklike familie

Met ’n paar Britse koninklike troues in die vooruitsig dié jaar (Prins Harry en Meghan Markle, en prinses Eugenie en Jack Brooksbank), kan ons nie anders as om te wonder hoe Meghan en Jack se lewe ná hulle troues gaan verander nie. Met soveel reëls en regulasies het ons 7 redes geïdentifiseer waarom ons nie in die Britse koninklike familie sal wil introu nie. 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

1. Die koningin het die finale sê

Die meeste paartjies vra hulle ouers se seën, maar in die koninklike familie is dit die koningin wat hulle toestemming gee om te trou. Sonder haar goedkeuring kan daar nie ’n huwelik wees nie. Aangesien Meghan Markle sowel as Jack Brooksbank nieadellikes is, moes prins Harry en prinses Eugenie van York die koningin se toestemming kry nog voordat hulle daaraan kon dink om verloof te raak.

2. ’n Titel is nie ’n gegewe nie

Om met ’n koninklike te trou beteken nie noodwendig dat jy ’n koning, koningin of selfs ’n prinses gaan word nie. Kate Middleton het die hertogin van Cambridge geword, nie ’n prinses nie. Dis egter waarskynlik dat sy koningin sal word as William as koning gekroon word, wat dit op die ou end dalk die moeite werd sal maak . . .

3. Noemname is verbode

As jy eers getroud is en jou koninklike titel amptelik ontvang het, mag jy nie meer op jou noemnaam aangespreek word nie. Koninklikes word as Sy/Haar koninklike hoogheid …” of eenvoudig “Sir/Madam” aangespreek.

4. Om ’n koninklike te wees is ’n lewenswyse

In die koningshuis gaan alles oor hiërargie. Koninklikes moet by alle openbare geleenthede waar die koninklike familie gesien of saam afgeneem word, volgens rang geposisioneer wees. Die koningin staan voor in die middel, dan prins Charles en Camilla, en dan prins William en Catherine, hertogin van Cambridge.

5. Jy moet jou werk bedank

Die koninklike lewenswyse beteken dat daar nie plek vir ’n gewone werk is nie. Om ’n koninklike te wees ís jou werk. Alhoewel daar in die verlede adellikes was wat steeds ’n beroep gevolg het, is dit onwaarskynlik dat Meghan Markle “toegelaat” sal word om haar toneelloopbaan voort te sit wanneer sy eers met prins Harry getroud is. 

6. Politiek is taboe

Die koninklike familie is aan ’n streng verbod op enige politieke betrokkenheid onderwerp. Wanneer jy die adelstand betree, mag jy nie by enige politieke party of agenda geaffilieer wees nie. Alhoewel die koninklike familie mág stem, word deelname aan ’n verkiesing deur enige lid van die koningshuis as “ongrondwetlik” beskou.

7. Monopoly is uit

As jy in jou geestesoog gesien het hoe jy saam met jou skoonfamilie gesellige Monopoly-aande hou, kan jy daarvan vergeet as jy in die Britse vorstehuis introu. In 2008 het prins Charles se jonger broer, prins Andrew, verklap dat die koninklike familie die klassieke bordspel by die huis verbied het omdat dit na bewering “te gemeen” geraak het. Vir ons “gewone mense” klink dit dalk verspot, maar dié speletjie is beslis nie goed vir koninklike etiket nie. 

FOTO: Gallo Images/Getty Images

LEES OOK:

Die datum en venue vir prins Harry en Meghan Markle se troue is pas aangekondig

Hier is ’n paar van die vrae wat Meghan Markle in haar burgerskaptoets sal moet beantwoord

15 foto’s wat wys hoe prinses Diana was voordat sy ’n koninklike geword het

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hier is ’n paar van die vrae wat Meghan Markle in haar burgerskaptoets sal moet beantwoord

Sou jy die toets slaag?

Close