Weg met vlekke
Verwyder onooglike sweetweerdervlekke van ’n top deur dit liggies met ’n klam lappie (“wet wipe”) te vryf.
Vinnig vars
Verfris kledingstukke deur dit saam met ’n Spunsoft Tumble Dryer Softener Sheet in die tuimeldroër te gooi en dan met ’n stoomstrykyster te stryk.
Hou some in toom
Gebruik aanstryk-touweefsel (“webbing”) van ’n naaldwerkwinkel om ’n soom te herstel wat pap hang.
Laat wolletjies waai
Verwyder wolletjies met kleeflint van wolklere. In die toekoms, dop wolklere om en was dit met materiaalversagter op die delikate siklus en ’n lae wentelspoed.
Koebaai, kreukels!
Stryk kreukels plat deur ’n klam lap te gebruik terwyl jy stryk of gebruik jou strykyster se stoomverstelling: Laat die klere hang en beweeg die stoom op en af oor die kledingstuk.
Kitsknoop
Moet jy vinnig ’n knoop vervang? Hou altyd ’n pakkie Velcro Stick On Coins byderhand.
Kies gom bo gare
Nie tyd vir naaldwerk doen nie? Heg of herstel materiaal en klere sommer met Bostik Sew Simple.