×
Skakel na Engels

7 maniere vir ouers om die bande met hul lewensmaats opnuut te smee

Het jy al ooit gevoel of jy met jou kinders pleks van jou man getroud is?

ouers

Hoe kan twee oorwerkte, oormoeg, oor-álles ouers uit dié groef kom en die probleme oorkom? Probeer dié sewe eenvoudige stappe:

1. Begin klein.

Skep heeldag lank geleenthede vir intieme oomblikke.

2. Gesels oor ander goed.

Deel ’n hoogte- én laagtepunt aan die einde van die dag met mekaar wat verkieslik nie met die kinders te doen het nie.

3. Hou kontak deur die dag.

Stuur vir mekaar SMS’e om hallo te sê en iets te deel, soos ’n nuwe fliek waarvan jy gelees het en wil gaan kyk.

4. Probeer nuwe dinge saam.

Gaan op staptogte of sluit by ’n salsaklub aan.

5. Wys jul liefde.

Deur liefderik te wees bring julle nader aan mekaar en wys die kinders dat jul verhouding gesond is.

6. Plesier moet voorkeur geniet.

As jy realisties is en beplan om seks te hê, sal dit ten minste gebeur. En as jy jouself eers daarop ingestel het, sál jy daarvoor kans sien, selfs al is jy moeg.

7. Moenie ’n martelaar wees nie.

As jou man sy deel in die huis doen, sal jy minder moeg wees, oor minder dinge gegrief voel en meer in die bui wees vir seks.

FOTO: iStock/YakobchukOlena

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 prettige maniere om jou voorskoolse kind se ontwikkeling te stimuleer

Probeer dié maklike aktiwiteite wat op meer as een ontwikkelingsarea op ’n keer fokus, soos aanbeveel deur Anel Annandale, Myslimkind...

Close