×
Skakel na Engels

7 maniere om jou postuur te verbeter

Verbeter jou postuur met hierdie maklike gewoontes wat jy elke dag kan toepas

postuur

As jy agterkom dat jy dikwels gebukkend by jou lessenaar sit en met ’n stywe nek en skouerspasmas sukkiel, volg hierdie maklike wenke om jou postuur te verbeter.

  1. Dink aan ’n toutjie. Verbeel jou daar is ’n toutjie wat jou kop na die plafon toe trek terwyl jou voete stewig op die grond is. Die metafoor van ’n toutjie sal jou help om meer hoogte te visualiseer en sal keer dat jy gebukkend sit.
  2. Laat jou lessenaar vir jou werk. Verseker dat jou lessenaar en kantoorstoel ergonomies is. Verstel die hoogte sodat jy met albei voete plat op die vloer kan sit. Sit regop en moenie jou bene kruis nie. Gebruik ’n rugkussing vir ondersteuning. Maak seker dat jou elmboë ontspanne en aan jou sye is met jou skouers af. Jou rekenaarskerm moet gelig wees sodat dit nie jou nek afwaarts hoef te buig nie.
  3. Staan op en strek. Is jy geneig om gebukkend in jou stoel te sit? Herinner jouself om jou postuur reg te stel deur gedurende die dag op te staan en te strek.
  4. Doen oefeninge wat jou kernspiere versterk. Sterk maag- en laerugspiere vorm die grondslag van enige goeie postuur.
  5. Staan op jou hele voet. Postuurprobleme is geneig om te ontstaan as jy die gewig op jou hak plaas, wat maak dat jy jou voete binnetoe draai en spanning op jou gewigdraende gewrigte soos jou heupe, knieë, enkels en lae rug verhoog.
  6. Doen hierdie beweging om jou postuur oombliklik te verbeter: Rol jou skouers af en terug en trek dan jou elmboë agtertoe in die rigting van jou lae rug.
  7. Neem ’n foto van jouself met die regte postuur en sit dit waar jy dit dikwels kan sien. Wanneer jy dit sien, sal dit jou herinner om regop te staan, jou maag in te trek en jou skouers agtertoe en af te trek.

FOTO: iStock/fizkes

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief