×
Skakel na Engels

7 maklike wenke vir ’n waterslim tuin

Ja, dit is moontlik om water te spaar en steeds ’n welige tuin te hê!
waterslim tuin

 

Dit is veral in Suid-Afrika belangrik om waterslim te wees. Hier is ’n paar goed wat jy kan doen:

  1. Plant inheemse plante wat natuurlik in jou gebied voorkom. Uitheemse plante het dikwels meer water nodig.
  2. Identifiseer mikroklimate in jou tuin en plaas plante waar hulle die beste sal pas.
  3. Probeer plante met dieselfde waterbehoeftes bymekaar groepeer sodat jy nie te veel water aan plante gee wat dit nie nodig het nie, en omgekeerd.
  4. Gebruik ’n deklaag om te keer dat vog ontsnap.
  5. Bou windbrekers om te keer dat die wind grond uitdroog.
  6. Vervang ’n grasperk deur ’n grondbedekker of plaveisel.
  7. As jy jou grasperk behou, moet dit nie te kort sny nie omdat dit dan vinniger droog word.

WENK Vang reënwater in tenke op en gebruik grys water (uit baddens en wasbakke) om plante mee nat te maak.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Moederstad word as die wêreld se beste kosstad aangewys

Kaapstad is die nommereen-kosstad in die wêreld, het Condé Nast Traveler se Readers’ Choice-peiling vir 2016 onthul

Close