×
Skakel na Engels

7 kosse vir beter sig

Dis nie net wortels wat goed vir jou oë is nie …
better eyes

Dis nie net wortels wat goed vir jou oë is nie – kosse ryk aan karotenoïede, luteïen en seaxantien kan volgens navorsing die risiko van chroniese oogsiektes soos ouderdomsverwante makulêre degenerasie en katarakte verlaag. Dit is die hoofoorsake van blindheid in mense ouer as 55 en gebeur blykbaar weens oksidasie en inflammasie van die oë.

Die 7 beste bronne van karotenoïede is

  1. botterskorsie,
  2. wortels,
  3. pampoen,
  4. broccoli,
  5. mielies,
  6. spinasie en krulkool,
  7. en eiergeel is ’n selfs ryker bron.

In ander studies is bevind dat’n dieet ryk aan vitamiene C en E, sink en omega 3-vetsure ouderdomsverwante oogsiektes kan voorkom. Omega 3-vetsure kom in olierige vis en okkerneute voor, en neute en skulpvis is goeie bronne van sink. Vitamiene A, C en E kom in baie groente, vrugte, neute en sade voor.

Lekker resepte om jou oë gesond te hou

Hierdie beproefde en getoetste resepte is propvol bestanddele wat goed vir jou oë is. Njam-njam!

Geroosterde-broccoli-en-hoendergebak

Gemmergegeurde wortelsop

Spinasieslaai met tuna en avokado

Roereier met gerookte salm

Lees nog oor sig

Beskerm jou oë

Oogdokters: Wie is wie?

Rooiwyn is goed vir jou oë

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 oefeninge om jou oë te versterk

Het jy geweet jou oë het gereelde oefening nodig, net soos enige ander liggaamsdeel? Hier is 6 maklike oogoefeninge om...

Close