×

7 kosse om beter te slaap

Ly jy aan slaaploosheid of sukkel met rustelose nagte? Hierdie kosse kan jou help om ’n beter nagrus te kry
cherry juice

Ly jy aan slaaploosheid of het jy rustelose nagte? Hou op rondrol en skape tel – kyk eerder na jou dieet.

Hier is sewe kosse wat jou kan help om beter te slaap. Voeg dit vanaand by jou aandete om die gehalte van jou slaap te verbeter.

  1. Garnale of kreef Hierdie skaaldiere is ryk aan triptofaan, ’n aminosuur wat die liggaam help om serotonien te vervaardig – ’n hormoon wat noodsaaklik vir ontspanning is. As jy meer ontspanne is, sal dit jou help om beter te slaap.
  2. ’n Bakkie verrykte graankos Hoewel ons glo koolhidrate saans is taboe, hoef ’n bakkie van jou gunsteling-graankos nie vir ontbyt gereserveer te word nie. Dis om twee redes ’n goeie happie vir voordat jy gaan slaap: die koolhidrate van die graankos en die kalsium van die melk.
  3. Kersies Dit is een van die min natuurlike kosbronne wat melatonien bevat, die chemikalie verantwoordelik vir die beheer van die liggaam se interne wekker. In studies is bevind dat dit slaap beduidend verbeter as jy ’n glas suur kersiesap voor slaaptyd drink.
  4. Jasmynrys Die glisemiese indeks van jasmynrys is taamlik hoog, wat veroorsaak dat die liggaam dit stadig verteer. Dit stel glukose geleidelik in die bloedstroom vry. Hoewel kosse met ’n hoë glisemiese indeks dikwels die skuld daarvoor kry dat dit jou gedurende die dag moeg maak, is in ’n studie bevind dat kosse met ’n hoër glisemiese indeks die produksie van triptofaan kan verhoog, wat slaap sal verbeter.
  5. Piesangs Piesangs bevat kalium en magnesium, twee natuurlike spierverslappers. Dis ook ’n bron van koolhidrate, wat slaap sal verbeter.
  6. Patat Hierdie veelsydige, heerlike styselryke groente bevat ook kalium, wat dit ’n goeie koskeuse maak om slaap te bevorder.
  7. Kamilletee Kamille is bekend as ’n slaapaanhelper. Sommige studies toon dit kan wees vanweë ’n flavonoïedverbinding genaamd apigenien, wat slaap verbeter danksy die eienskappe wat angs teenwerk.

Lees ook: 5 natuurlike slaapaanhelpers
                   4 dinge om vanaand voor slaaptyd te doen om môre gewig te verloor
                  Kan jy nie slaap nie? Probeer hierdie 60-sekonde-truuk vanaand

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 redes waarom jy nie jou maat se gesnork moet ignoreer nie

Lê jy snags wakker omdat jou maat snork? Jy moet hierdie lees ...

Close