×
Skakel na Engels

7 items onder R200 wat jy behoort te hê

Bederf jouself met iets kleins
R200 of minder

Almal soek na maniere om geld te spaar en steeds hier en daar by ’n winkel in te loer. Hier is sewe nuttige items wat jy vandag nog kan koop sonder dat dit ’n duik in jou beursie sal maak!

1. Noodhulptassie – R140, Clicks 

Al die noodsaaklike items vir iemand wat dringend noodhulp benodig. Die meeste sakkies bevat gaas, verbande, pleisters, latekshandskoene, ’n oogverband en -skerm, ’n KPR-toestel, waterbestande verbande en meer.

2. Wynsak – R129, Yuppiechef.com

Hierdie stylvolle sak sal jou wyn beskerm en koud hou totdat jy gereed is om ’n glasie te skink. Dit is ideaal vir wanneer jy reis, by vriende kuier of piekniek hou. 

 

3. Klein geheuestafie – R91, Takealot

Dit is ’n supergoedkoop en sjiek manier om jou skootrekenaar se bergingsruimte aan te vul. Stoor jou musiek, flieks en boeke hierop, prop in en speel. 
 
 

4. Motorsitplekorganiseerder – R199, Takealot

Hou jou foon, snoepgoed en bril byderhand met een van hierdie stylvolle organiseerders. Bêre sommer jou kinders se motorspeletjies in die organiseerder om hulle op die langpad besig te hou.
 
 
 

5. Klein aantekeningboek – R6, Takealot

Die ideale bykomstigheid vir jou handsak. Gebruik dit vir belangrike notas of fantastiese idees sodat jy dit nie vergeet nie.
 

 

6. Klam gesiglappies – R32,95 Clicks 

Hou altyd ’n pakkie gesiglappies byderhand vir ontydige grimeerflaters of ander ongelukkies. 
 
 

7. Kunsvetplante – R49,99 elk, MRP Home

 ’n Bietjie groenigheid op jou lessenaar of vensterbank sal enige dag ophelder. 
 
Foto: iStock/andresr 
 
LEES OOK:
 
 
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief