×
Skakel na Engels

7 heerlike weekaandetes

Sewe aandete-idees vir die komende week, asook ’n heerlike nagereg en gebakresep vir Sondag!

Maandag: Botterskorsie-en-kekerertjieslaai

RoastedButternutSquashSalad_web

As jy ’n blou Maandag beleef, is ekstra tyd in die kombuis die laaste ding wat jy wil doen. Hierdie slaai kan die ideale oplossing wees. Kry die resep hier.

Dinsdag: Soetsuur hoender

SweetAndSourStirFry

Probeer hierdie klassieke soetsuur hoender vir ’n bietjie Asiatiese inspirasie op Valentynsdag. Jy en jou geliefde sal dol daaroor wees, want dit is geurig en maklik om te maak. Die kinders sal jou beslis vra om die volgende week weer te maak! Kry die resep hier.

Woensdag: Brandrissie-steak met Hawaise rys

Chilli steak with rice

Raak avontuurlustig op #KleinSaterdag en nooi geure van oor die wêreld vir aandete. Hierdie brandrissie-steak met Hawaise rys is ’n wonderlike manier om ’n gereg aan die een kant ’n bietjie hitte te gee en dit dan met die vars pynappel in die rys af te koel. Kry die resep hier.

Donderdag: Botterskorsie-en-varkpasta

PumpkinPasta

Kry die koolhidrate uit; dis amper Vrydag! Smul aan ’n ryk, romerige gereg wat twee van ons gunsteling-bestanddele insluit: vark en pampoen (of botterskorsie). Hierdie gereg is fantasties om die volgende dag as oorskietmiddagete saam werk toe te neem. Kry die resep hier

Lees ook: Kosneigings vir 2017 soos deur kenners voorspel

Vrydag: Mediterreense speseryburgers

Spiced burgers

Jippie, dis Vrydag! En dit beteken ’n prettige, geurige resep op die spyskaart om die week in styl te eindig. Ons dink hierdie Mediterreense speseryburgers is die perfekte antwoord op ’n lang week, en ons het ’n vae vermoede jy sal saamstem! Kry die hele gesin betrokke om die ete aanmekaar te slaan en kyk hoeveel pret is dit om almal saam in die kombuis te hê. Kry die resep hier.

Saterdag: Basiese plaatkoekies

crumpets

’n Eenvoudige, klassieke resep is net die ding vir Saterdagoggend. Dié plaatkoekies is perfek vir ’n stil oggend alleen of vir jou maandelikse boekklub – jy weet mos almal hou meer daarvan om te eet as om oor boeke te gesels! Jy kan dit met ’n paar bykosse voorsit – room, vrugte, stroop en selfs meringue. Net waarvoor jy lus het. Kry die resep hier.

Sondag: Geurige geroosterde baba-aartappels

Roast potatoes

Sit hierdie heerlike geroosterde baba-aartappels saam met ’n klassieke Sondag-braaiboud voor. Die tiemie-en-knoffelkombinasie is ’n perfekte kospaar en sal die aartappels op die bord laat sing. Gaste sal beslis die resep wil hê! Kry die resep hier.

Heerlike nagereg: Suurlemoen-en-grenadellameringuetert

Meringue

Keer ’n klassieke tert op sy kop met hierdie suurlemoen-en-grenadella-kombinasie. Die vars geur gee dit ’n lekker ligte smaak wat almal rondom die etenstafel in vervoering sal hê. Kry die resep hier.

Sondag-gebak: Sjokolade-tiramisu-koek

Weekandetes

’n Opwindende weergawe van ’n klassieke Italiaanse resep. Hierdie sjokolade-tiramisu-koek is hemels en smelt in die mond. Die lae gee dit ’n dramatiese effek, terwyl die koffie-en-sjokoladegeure mekaar fantasties aanvul. Kry die resep hier.

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief