×
Skakel na Engels

7 gratis fiksheid-apps om jou te help verslank

Word fiks – sonder om ’n voet in die gim te sit!
gratis fiksheid-apps

Ons staan al kniediep in 2018 en as dit begin moeilik raak om by jou fiksheidsvoornemens te bly, het ons raad. Laai een (of meer) van hierdie gratis fiksheid-apps af

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Female Fitness Women Workout

Met meer as 80 oefensessies wat spesifiek op vroue gerig is, sal die Female Fitness Women Workout-app jou help om jou gesondheids- en fiksheiddoelwitte met een eenvoudige oefensessie ’n dag te bereik. Hierdie app is ideaal vir besige vroue wat iewers tussen hulle werk en die kinders se aktiwiteite geoefen wil kry.

2. Nike+ Run Club

As jy ’n hardloper is, is hierdie app vir jou. Nike+ Run Club monitor al jou drafsessies deur middel van die GPS op jou slimfoon of fiksheidstoestel. Jy kan ook by ’n netwerk van ander hardlopers regoor die wêreld aansluit wat dieselfde fiksheidsprogram volg. En wanneer jy vir ’n groot wedloop voorberei, is die Audio Guided Run ’n waardevolle opsie vir hulp met jou drafpas of herstel ná ’n intense oefensessie. 

3. Weight Loss Fitness

As jy voor ’n spesiale geleentheid van ’n paar sentimeters wil ontslae raak, kan jy die Weight Loss Fitness-app probeer. Dit het meer as 100 oefeninge en ’n ses weke lange verslankingsuitdaging. Bly gemotiveerd met een van 1 000 speellyste terwyl jy oefen.

4. JEFIT

Monitor en bestuur al jou oefensessies vanuit jou broeksak met die JEFIT-app. Al wat jy hoef te doen, is om oefensessies vir spesifieke liggaamsdele te kies, en die app sal outomaties jou vordering monitor. Op grond van voltooide sessies sal die app jou oefeninge ontleed en aanbevelings doen oor hoe om dit te verbeter.

5. 30-Day Fitness Challenge

As jy deur tydlyne gemotiveer word, behoort jy die 30 Day Fitness Challenge-app te probeer, wat jou vir 30 dae met 20-minute sessies aan die oefen hou. Die app gebruik oefeninge met handgewiggies om te verseker dat jou liggaam sy volle potensiaal bereik. 

6. Freeletics Bodyweight

Gebruik jou eie liggaamsgewig om jou fiksheidsdoelwitte met hierdie Freeletics Bodyweight-app te bereik. Die oefeninge gebruik jou aangetekende liggaamsveranderinge om jou aantal repetisies en die lengte van jou oefensessies te bepaal. Die app is geskik vir alle liggaamsvorms en bied verskillende vlakke en alternatiewe vir algemene oefeninge. 

7. Johnson & Johnson’s Official 7-Minute Workout

Laat elke minuut tel deur slegs sewe minute ’n dag af te knyp om ’n vinnige oefensessie met die Johnson & Johnson’s Official 7-Minute Workout-app in te werk. Met 72 oefeninge én ’n aanvullende 22 oefeninge wat vir jou aangepas kan word, sal jy nie ’n verskoning hê om onfiks te wees nie. 

Al hierdie apps is vir Andriod en iOS beskikbaar. Besoek jou app-winkel vandag nog!

FOTO: iStock/alvarez

LEES OOK:

6 dinge wat jy van aktiwiteitsmonitors moet weet

Tuis-oefenprogram vir paartjies

10 oefenmites ontbloot!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 dinge wat jy van aktiwiteitsmonitors moet weet

Bly op die hoogte van jou fiksheidsdoelwitte

Close