×
Skakel na Engels

7 goed wat jy nooit moet weggooi nie

En nee, dit is nie glasflesse of wasgoedpennetjies nie!

1. Verlede jaar se kalender

Sny elke maand se foto of illustrasie uit om oulike geskenkkaartjies te maak. Al wat jy nodig het, is ’n skêr, ’n gaatjieknipper en tou of lint. Dieselfde geld ou verjaardag- en Kerskaartjies.

#pic 1

Lees: Foto-erkenning

2. Skoenbokse

Behalwe om dit te bêre vir jou bydrae tot die Santa Shoebox-projek later vanjaar, kan skoenbokse herbruik word vir goed soos skryfbehoeftes, jou onderklerelaai, kinderspeelgoed (omskep dit in “geboue” of “karre” met kuns- en kunsvlytbehoeftes) en bêre- of geskenkbokse. Verf een, bedek dit met geskenkpapier of gebruik dit net so as dit ’n mooi boks is. Ons dink elke huishouding het een van hierdie skoenboks-laaistasies nodig!

pic #2

Foto-erkenning

3. Tinfoelie

Het jy gedink ’n vel foelie het sy doel gedien nadat dit gebruik is om ’n bord kos te bedek? Dink weer! Spoel dit net af en laat dit droog word voordat jy dit weer vir een van hierdie slim gebruike inspan: Frommel dit eenvoudig in ’n bal op om as ’n potskropper te gebruik; vorm dit in ’n keël om as ’n tregter te gebruik as jy nie een het nie (of nie joune in ’n oorvol Tupperware-kas kan vind nie!); of gebruik dit om deurhandvatsels en ander artikels te bedek wanneer jy selfdoen-verfprojekte aanpak.

pic #3

Foto-erkenning

4. Ou tandeborsels

Wanneer joune te sleg begin lyk om te gebruik, is dit tyd om jouself met ’n nuwe tandeborsel te bederf en die oues te gebruik om die voegbry tussen teëls te skrop, krane te poleer en juweliersware skoon te maak. Dit het ook ’n paar skoonheidsgebruike, soos ’n maskaraborsel, wenkbroukam of naelborsel, en jy kan selfs een gebruik om jou haarwortels met kleursel op te knap.

pic #4

Foto-erkenning

5. Toiletpapierrolle

Gebruik dit om laaie met bykomstighede uit te sorteer en te organiseer, om verlengingskoorde netjies te hou deur dit in die rolle op te vou, om te keer dat feëtjieliggies se drade koek deur dit rondom die leë rolle te draai, of stop die pluis van jou tuimeldroër daarin om vuuraanstekers te maak – ideaal vir die winter! Aan die meer kreatiewe kant kan dit in servetringe en vingerpoppe vir kinders omskep word, soos hierdie oulikes.

pic #5

Foto-erkenning

6. Ou of geskeurde T-hemde

Ou katoenhemde met gate daarin is fantastiese lappe om in die huis mee af te stof, af te vee en en te was, en om jou kar skoon te maak. As jy meer van kunsvlyt hou as van skoonmaak, snuffel ’n bietjie op Pinterest rond om slim gebruike te kry oor hoe om ou T-hemde in alles van serpe tot kopbande, drasakke en badmatjies te omskep.

pic #6

Foto-erkenning

7. Rubberrekkies

Dit is een huishoudelike staatmaker wat jy beslis nooit moet weggooi nie! Dit is veral nuttig in die kombuis: Draai dit rondom ’n hardnekkige deksel om dit maklik oop te maak, of draai dit styf om die punt van ’n houtlepel om te keer dat dit in die pot of pan ingly. As jy peuters in die huis het, maak seker hul vingertjies vind nie hul pad na kombuis- en badkamerlaaie nie deur ’n sterk rubberrek tussen laaihandvatsels te rek. En een van ons persoonlike gunsteling-gebruike vir rubberrekkies – gebruik dit om ’n gesnyde appel bymekaar te hou om te keer dat dit bruin raak en uitdroog.

pic #7

Foto-erkenning

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Slaai in ’n fles 101

Maak middagete maklik met hierdie vinnige, slim maaltydidee. Hier is alles wat jy van slaaiflesse moet weet ...

Close