×
Skakel na Engels

7 fantastiese aanlyn winkels vir oulike ooievaarspartygeskenke

Dis tog te oulik!
aanlyn winkels

Volgende keer wat jy ’n geskenk vir ’n ooievaarsparty nodig het, maak hierdie plaaslike aanlyn winkels die beginpunt van jou soektog vir ’n paar lieflike idees.

1. Noen Kids Clothing and Accessories 

Noen Kids Clothing and Accessories is ’n klein Suid-Afrikaanse onderneming wat vroeg in 2017 as die geesteskind van die eienaar en ontwerper Sané Rademeyer begin het. Dit spesialiseer in funky kinder- en babaklere wat van 100% natuurlike katoen (behalwe in rekbare klere) en slegs van plaaslik verkrygde materiale en kleurstowwe gemaak word. 

www.noen.co.za

Babaklere, R160 

2. Ruby Road

Ruby Road is deur Mandy Seccombe en Jude Wixley begin en het ’n indrukwekkende reeks plaaslike produkte wat wonderlike geskenke vir babas en nuwe ma’s maak. Jy kan ook spesiale geskenkbokse met ’n verskeidenheid items saamstel.
 

www.rubyroadafrica.com

Karoo Snuggle Bunny, R315

3. Oh Baby!

Oh Baby! is ’n aanlyn boetiek vir ma’s en babas. Daar is geskenke, bykomstighede en klere vir ma’s, peuters en babas van ingevoerde en plaaslike handelsmerke.

www.ohbaby.co.za

Badhanddoek, R640

4. Hooligans

Hooligans is ’n Fairtrade-kinderkleremaatskappy wat passievol oor eties vervaardigde kinderklere is. Jy sal oulike patrone en hope Afrika-dieremotiewe daar kry. Hoolies Baby is hul boetiek met ’n babafokus.

www.hoolies.co.za

Rok, R285

5. Myang

Myang -ontwerpe word met die hand van katoen van die beste gehalte gemaak. Die produkte word liefdevol deur ’n span vroue gemaak van wie verskeie uit minderbevoorregte gemeenskappe kom. Jou ondersteuning sal dus regtig ’n verskil maak.

www.myang.co.za

Kopband vir meisies, R70

6. Dudu Baba Company

Dudu Baba Company is bekend as die Suid-Afrikaanse verspreider van die Lulla Doll, ’n slaapmetgesel om babas en peuters ’n gevoel van troos en nabyheid te gee wanneer hul ouers nie by hulle is nie.

www.dudubabacompany.co.za

Lulla Doll, R999

7. Kapas

Kapas is die plek as jy cool, kontemporêre babaklere en -bykomstighede soek.

www.kapasbaby.com

Cloud-babagroeipakkie, R100

PHOTO: iStock/Peopleimages

LEES OOK: 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Liefdadigheidsorganisasies wat jy op Mandeladag kan ondersteun

Jou tyd is een van die waardevolste geskenke wat jy kan gee

Close