×
Skakel na Engels

7 dinge om dié Paasfees met regte eiers te doen

Ekstra bonus: Eiers is heerlik saam met pesto!
7 dinge om dié Paasfees met regte eiers te doen

Die Paasvakansie is om die draai, en daar is meer as net sjokolade-eiers. Moenie vryloop-eiers vergeet nie! Die kreatiewe direkteur van Pesto Princess, Kathleen Quillinan, deel haar sewe beste bekostigbare, veelsydige en heerlike resepte. Hier is sewe maniere om jou maaltydbeplanning vir die vakansiedae en langnaweke in dié tyd makliker te maak. 

1. Pikante partytjie-eiers

Kook ’n paar eiers, dop dit af, sny dit middeldeur en skep die eiergele uit. Maak die eiergele saam met mayonnaise en chimichurri fyn vir ’n pikante vulsel en skep dit terug in die halwe eiers.

2. Gekookte eiers en soldaatjies

Hierdie gunsteling van ons kinderjare sal altyd gewild wees. Kook eiers totdat die gele steeds loperig is, sny roosterbrood in soldaatjie-repies en doop dit. Dis ’n wenner vir die hele gesin.

3. Geposjeerde eiers op ’n groen slaai

Plaas twee perfek geposjeerde eiers op jou slaai. Bedruip met Pesto Princess se basilie-en-suurlemoen-pesto en breek die eiers oop vir ’n smaaklike sous.

4. Shakshuka

Shakshuka is een van ons geliefkoosde sakpas maaltye. Posjeer net jou eiers in ’n tamatie-soetrissie-en-uiesous. Wil jy dit ’n bietjie ekstra skop gee? Ons het ’n bietjie harissapasta bygevoeg.

5. Pizza-pizzazz

Maak jou gunsteling- tuisgemaakte pizza en bak totdat dit amper gereed is. Breek ’n paar eiers bo-op oop en bak verder totdat die eierwitte gaar is en die gele nog effens loperig is. Eet en geniet.

6. Bobaas-burgers

’n Eier kan amper enige burger beter maak. Los die mayonnaise of braaisous volgende keer en plaas eerder ’n gebakte eier eier bo-op. Heerlik!

7. Perfek geposjeerde eiers met esdoringstroop, spek en pesto

Ontbyt in die bed – hoe lekker is dit! Maak geposjeerde eiers met esdoringstroop en spek en ’n koppie tee. Dis mos die manier om die dag te begin. 

FOTO: iStock/CatLane

LEES OOK: 

6 wegbreekplekke vir Paasnaweek

Onthou régte eiers dié Paasfees

Hoe om van Paasfees-oordaad te herstel

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Verruil jou sjokolade vir hierdie Paasfees-lekkernye: watertand-bykomstighede

Soek dié Paasfees vir hierdie lekkernye in plaas van sjokolade-eiers!

Close