R19 elk
Hierdie lyfsproeie kom in bekoorlike geure wat deur ’n reeks soet reuke soos muskus en lekkergoed geïnspireer is.

Lenthéric-lyfsproei in I Love Candy en I Love Musk
R35
Dié room het ’n afskilferingsformule wat verpoeierde okkerneutdoppe bevat. Gebruik dit om harde eelte van jou voete te verwyder en te keer dat dit weer vorm.

Avon Foot Works Rough Skin Remover
R70
Gee jou lippe ’n mat afwerking sonder om dit uit te droog. Hierdie liproom, wat met vitamien E verryk is en ’n mousse-agtige tekstuur het, sal jou lippe gevoed laat voel.

Catrice Cosmetics Velvet Matt Lip Cream in Brooklyn Pink-ster
R90
As jy nog nooit voorheen haarolies gebruik het nie, is hierdie ligte room ideaal vir jou. Dit bied jou al die voordele van sy unieke olieformule, maar met die ligtheid van ’n haarroom.

L’Oréal Paris Elvive Extraordinary Oil Oil-in-Cream Rich Nourishing Leave-in Cream
R160
Keer aknee en verstopte porieë met hierdie gesigwasmiddel. Daar is klinies bewys dat dit onsuiwerhede en vuiligheid doeltreffend verwyder. Dit beheer ook olie en glans en reinig die vel sonder om dit uit te droog.

Cetaphil DermaControl Oil Control Foam Wash
R170
Dié maskara kom in verskeie kleure en verdik die wimpers sonder om klonte te maak. Dis ook waterbestand en bevat geen parabene nie.

3INA The Colour Mascara in 102
PHOTO: iStock/suchinan
LEES OOK:
Alles wat jy van permanente grimering moet weet
Staan jy op trou? Jou grimeerkunstenaar wil hê jy moet die volgende weet