×
Skakel na Engels

6 wenke vir wanneer jy saam met vriende en familie reis

Om in ’n groep te reis is nie altyd so maklik soos jy dink nie. Die Jacaranda FM-aanbieder Kriya Gangiah deel haar wenke oor hoe om die vakansiestres in ’n sukses te omskep

 

 

Wees betrokke

Beplanning kan dikwels die verveligste deel van ’n vakansie wees, veral as jy in ’n groot groep reis. Indien moontlik, raak van die begin af in die beplanningsfases betrokke – dit sal nie net verseker dat jy eindelik gelukkig is oor wat beplan is nie, maar gee ook die groep kans om ’n band te smee.

 

Wees begrypend

Alle mense is anders en het verskillende belangstellings. Wanneer ’n groep mense saam gaan vakansie hou, is dit baie belangrik om te doen wat jou persoonlik interesseer. Maak ’n moet-sien- en ’n moet-doen-lysie. Jy wil nie ’n paar duisend rand aan reis, verblyf en toegang bestee of met skommelende wisselpryse sukkel net om op die vliegtuig huis toe te klim sonder dat jy die een ding gedoen het wat jy regtig wou nie!

 

Alleentyd

Moenie bang wees om dinge op jou eie te doen nie en moenie druk op mense plaas om dinge saam met jou te doen nie. Jy kan altyd ’n paar uur dinge sonder die groep doen en hulle weer later ontmoet.

 

Maak ’n alternatiewe plan

Dis belangrik dat jy jou eie plan vir ’n ander aktiwiteit of roete het. Dinge gebeur in ’n vakansie – soms kan die geskeduleerde reisplan uitmekaar begin val, mense in die groep kan slaags raak of jy besef net jou pas is anders as die res van die groep s’n. Eindelik is die gehalte van jou reis in jou eie hande en jy moet daardie verantwoordelikheid aanvaar.

Verblyfreëlings

Dit is soms goedkoper om groepverblyf te bespreek, maar om die hele dag saam te wees en dan ook in rustye saam te wees kan te veel raak. Maak dus seker jy is gelukkig daarmee om badkamers en gedeelde spasie te deel, want dit kan ’n kwessie word wanneer ’n groep saam tuisgaan.

Probeer ’n skoon gemoed behou

As jy gedurende die vakansie alkohol gaan drink, probeer om nie gevoelens te bespreek nie, want mens is geneig om goed te sê wat jy dalk nie andersins sou sê nie, en jy sal dit dalk later berou.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 reiswenke vir ’n veilige, gelukkige reis padlangs

As jy dié vakansie in die pad val, bereik jou bestemming veilig en met jou humorsin ongeskonde met dié raad...

Close