×

6 wenke vir jou wasmasjien

Kyk na jou wasmasjien en dit sal jou jare lank goeie diens gee. Lees ons wenke van kenners hier.

 

Behandel jou wasmasjien goed en dit sal jou met jare se seepgladde werkverrigting beloon. Om dit gereeld skoon te maak help nie net om skade aan hierdie noodsaaklike toestel te beperk nie, maar laat dit ook doeltreffend werk en kan dit langer laat hou. Shakil Ahmad van Personal Touch-materiaalversagmiddel en -opknapper deel sy wenke.

  1. Moet nooit jou wasmasjien oorlaai nie. Jy moet genoeg ruimte laat sodat die drom vrylik kan tol. ’n Praktiese reël is om minstens ’n vuisgrootte-gaping tussen die wasgoed en die bokant van die drom  te laat.
  2. Laat dit een keer ’n maand warm was. Laat die wasmasjien leeg op sy warmste was met los wasgoedpoeier. Dit sal van kalkaanpaksels, bakterieë, reuke en vetterigheid ontslae raak.
  3. Verwyder die wasmiddellaai gereeld en was dit goed uit.
  4. Die dreinfilters moet gereeld nagegaan word om die pluis te verwyder wat daarin saampak. Terwyl jy besig is, gaan die dreineerpype na vir enige slytasie.
  5. Vee die wasmiddellaai ná elke was uit om seepopbou te keer en droog die binnekant van die rubberdeurseël af om te keer dat muf groei.
  6. ’n Goeie gewoonte is om die deur oop te los wanneer die masjien nie gebruik word nie sodat dit behoorlik droog kan word.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Huishoudelike take wat die meeste kilojoules verbrand

Dis ons oefening vir die week! Deur Emma Louise Pritchard

Close