×
Skakel na Engels

6 wenke om jou slimfoon se battery ‘n hupstoot te gee

Beproef hierdie slim maniere om jou battery langer te laat hou
Battery

1. Skakel jou GPS af

Die liggingsdiens op jou foon slurp jou batterylewe behoorlik op. Baie apps, hetsy op ‘n iPone of Android, gebruik jou foon se liggingsdienste vir aanmeldings (soos op Faceboek) of om statusse of foto’s met GPS-data te merk (“tag”). Tensy jy dus ‘n toepassing soos Google Maps gebruik, moet jy sorg dat jou foon se GPS af is.

2. Maak apps toe wat jy nie gebruik nie

Toepassings wat in die agtergrond aktief is, kan jou batterylewe opslurp. En jy sal verbaas wees oor hoeveel toepassings aktief bly nadat jy hulle toegemaak het! Klik hier vir meer volledige inligting oor hoe om hierdie toepassings op Android en iPhone toe te maak.

3. Verminder jou skermhelderheid

Dit is dalk ‘n voor die hand liggende wenk, maar net so maklik om te vergeet: Hoe helderder jou skerm se agtergrond is, hoe vinniger raak jou battery onklaar. Maak dus jou instellings oop en stel jou agtergrond minder helder. Jy kan jou battery nog langer spaar deur ‘n donker, statiese skermbeveiliger te gebruik.

Lees: Hoe om ’n nat selfoon te red

4. Skakel Wi-Fi en Bluetooth af

Onthou om hierdie twee kraghonger kenmerke af te skakel wanneer jy hulle nie gebruik nie.  Dit sal voorkom dat jou foon gedurig na nabygeleë wifi-netwerke of Bluetooth-toestelle soek.

5. Moenie jou kameraflits gebruik nie

Die meeste nuwe slimfone het taamlike sterk kameraflitse en hulle kan baie batterykrag gebruik, veral wanneer jy ‘n paar foto’s ná mekaar neem. Hou jou flits dus afgeskakel om jou batterylewe te verleng.

6. Skakel die vibreerfunksie en luitoon af

Alhoewel dit nie altyd ideaal is om jou foon se klank af te skakel nie, sal dit jou battery langer laat hou. As jy jou foon eenvoudig móét hoor lui, kan jy die vibreerfunksie afskakel en die lui-volume so laag moontlik stel. 

LEES OOK:

FOTO: iStock/AzmanL

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 goed om te doen voordat jy vir jou kind ’n slimfoon gee

Verseker dat jou kinders nie per abuis onvanpaste inhoud sien of reusagtige rekeninge veroorsaak nie

Close