×
Skakel na Engels

6 wenke om jou motor te verkoop

Haal die stres uit die verkoop van jou motor – en kry die prys wat jy wil hê
selling car

Is dit eindelik tyd om jou ou skedonk te verkoop? Of wil jy ’n nuwer model hê? Daar is ses basiese goed wat jy moet doen om die beste prys te kry wanneer jy jou motor verkoop:

  1. Sorteer die papierwerk uit

Jy het ’n bewys van eienaarskap en ’n geldige lisensieskyfie nodig. Besoek jou plaaslike munisipaliteit met jou identiteitsdokument om ’n duplikaat van die voertuig se registrasiedokumente te kry.

  1. Hou al die boekies

Maak seker jy het die diens- en waarborgboekies in die paneelkissie en dat die boekies op datum is.

  1. Kry ’n diensgeskiedenis

’n Gedokumenteerde volle diensgeskiedenis is goud werd. Dit voeg waarde toe en gee die koper gemoedsrus. As jou motor se kilometerlesings naby aan die volgende diens is, hoekom laat jy dit nie doen nie? Dit is ’n voordeel vir die potensiële nuwe eienaar en jy kan dalk die dienskoste by die herverkoopprys voeg.

  1. Maak seker die bande en bakwerk is in ’n goeie toestand

As die bande afgeslyt is, vervang dit en laat maak duike en krapmerke reg. Weer eens, jy kan hierdie koste by jou herverkoopprys voeg.

  1. Maak dit goed skoon

Verwyder alle rommel. Haal alle persoonlike artikels soos CD’s, sleeptoue en oorleikabels uit. Belê in ’n deeglike skoonmaak en laat die binnekant, kattebak en enjinkompartement stoomskoonmaak.

  1. Maak dit padwaardig

Kry ’n padwaardigheidsertifikaat voordat jy jou motor verkoop. Dit kos nie soveel nie, maar kan duisende rande se waarde toevoeg en enige haakplekke in die verkoop en enige aanspreeklikheid vir die verkoop van ’n defektiewe voertuig uitskakel.

Maak seker jou motor verkoop selfs vinniger deur ’n gratis advertensie op Suid-Afrika se grootste aanlyn snuffelgids, Gumtree.co.za, te plaas. Maak seker jy:

  • Vra ’n redelike prys – gebruik die Gumtree Price Checker vir die huidige nasionale prys, gemiddelde prys vir die aantal kilometer, totale getal huidige lystings in daardie kategorie, asook die algemeenste kleure op daardie tydstip.
  • Laai duidelike foto’s van jou voertuig uit alle hoeke op wat die toestand duidelik wys.
  • Skryf ’n opskrif wat die aandag sal trek, en gee ’n kort beskrywing wat die model, jaar, kilometerlesing, geskiedenis en toestand insluit.
  • Sorg dat jy al die nodige papierwerk byderhand het wat jy vir herverkoop nodig het en onthou om die moontlike koper van enige kwessies in te lig.
  • Sluit jou e-posadres en kontaknommer in.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Bestuur veilig in winterstoestande

Moenie in winterweer onverhoeds op die pad betrap word nie. Hier is ’n paar wenke om jou te help om...

Close