×
Skakel na Engels

6 wegbreekplekke vir Paasnaweek

Gaan dié Paasnaweek weg vir ’n bietjie pret!

Die Paasnaweek is om die draai en dit kan ’n bietjie intimiderend voel om ’n langnaweek vol pret vir die hele gesin te beplan. Een manier om stres te verlig, ’n bietjie opwinding te beleef en nie jou hele begroting te blaas nie, is om op ’n kort gesinswegbreek na ’n nabye dorp te gaan. Daar is verskeie spesiale Paasaanbiedinge. Ons deel ’n paar goeie plekke om die komende Paasnaweek te besoek.

1. Misty Hills Country Hotel, Wieg van die Mensdom

www.mistyhills.co.za

www.mistyhills.co.za

Waar: Die Misty Hills Country Hotel is net ’n klipgooi weg van die besige Johannesburg en is die ideale wegkomkans van die stadslewe. 

Wat om te doen: Gaan eet in die wêreldberoemde Carnivore-restaurant, waar besoekers aan tot 10 soorte wildsvleis kan smul, of geniet ’n pamperlangsessie by die spa.

Koste: R740 per persoon wat deel, ontbyt ingesluit. Kinders onder 12 betaal R370 per nag.

2. Olievenfontein Private Wildreservaat, Limpopo

www.olievenfontein.com

www.olievenfontein.com

Waar: Die Olievenfontein Private Wildreservaat is net drie uur van Johannesburg af. Jy word omring deur natuurskoon – wilde diere in hul natuurlike habitat begelei deur pragtige voëlgesang. Hier kan jy vryelik rondloop en na die diere luister en kyk.

Wat om te doen: Geniet ’n wildbesigtiging in die oggend of teen sononder of ontspan in die swembadgebied onder die Afrika-son.

Koste: R1 800 per selfsorgeenheid per nag vir twee volwassenes en twee kinders. Kinders onder drie bly gratis, en kinders onder 12 betaal 50%.

Lees ook: Paasfeesbederwe sonder sjokolade

3. Africa Whispers-gastehuis, Waterval (KwaZulu-Natal)

www.sa-venues.com

www.sa-venues.com

Waar: Africa Whispers is ’n regte huis weg van die huis op ’n drie-acre-perdeplaas in die Vallei van ’n Duisend Heuwels, waar jy die verskillende geluide van Afrika sal ervaar.

Wat om te doen: Geniet ’n verfrissende uitstappie te perd oor die velde van ’n verlate plaas.

Koste: R700 per selfsorgeenheid per nag vir twee volwassenes en twee kinders. 

4. Die St. Lucia Eco Lodge, St. Lucia

www.seasands.co.za

www.seasands.co.za

Waar: Net twee en ’n half uur se ry van Durban is die St. Lucia Eco Lodge, waar die Indiese Oseaan en die St. Lucia-riviermond en die iSimangaliso-vleilandpark bymekaarkom.

Wat om te doen: Verken Suid-Afrika se eerste Wêrelderfenisgebied en die diversiteit van die Zoeloeland se vleilandmere en woude, met die see en wildreservate net ’n klipgooi weg.

Koste: Vanaf R2 085 (laagseisoen) en R3 750 (hoogseisoen) per selfsorgeenheid per nag vir twee volwassenes en twee kinders. Kinders onder vyf bly gratis en kinders van ses tot 12 betaal R450 per nag.

Lees ook: 5 maniere om dié Paasfees gesond te bly

5. Die Manderson-hotel, Stutterheim

www.manderson.co.za

www.manderson.co.za

Waar: Die Manderson-hotel is aan die voet van die boomryke Amatolaberge geleë en bied ’n pragtige uitsig op die berg en die inheemse woud.

Wat om te doen: Gaan stap in die Kologha-woud (die naasgrootste inheemse woud in Suid-Afrika) of gaan roei in ’n kajak op die Gubudam voordat jy die Nelson Mandela-museum in Qunu besoek.

Koste: R1 400 per selfsorgeenheid per nag vir twee volwassenes en twee kinders. 

6. Mont Rochelle Hotel & Vineyard, Franschhoek

www.virginlimitededition.com Paasnaweek

www.virginlimitededition.com

Waar: As jy uitspattig wil wees, is die Mont Rochelle Hotel and Vineyard in die hartjie van Franschhoek en net ’n uur se ry van Kaapstad die beste plek om hierdie Paasnaweek te ontspan en die omgewing te verken. 

Wat om te doen: Franschhoek is die kulinêre hoofstad van Suid-Afrika. Geniet dus die kos en besoek die vele wynplase in die omgewing.

Bespreking en koste: Vanaf R4 580 per kamer (laagseisoen) en vanaf R5 410 per kamer (hoogseisoen). 

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 goed oor jul verhouding wat jy nooit moet deel nie

Party dinge moet regtig net privaat bly

Close