×
Skakel na Engels

6 verrassende maniere waarop jy jou hare vernietig

Verbeek hierdie slegte gewoontes en hou só op om jou hare te vernietig
hare vernietig

Ons probeer alewig nuwe dinge om die gesondheid, voorkoms en gevoel van ons hare te verbeter, maar jy sal verbaas wees oor watter algemene – en nie so voor die hand liggende – foute jou lokke kan vernietig.

1. Jy borsel jou hare terwyl dit nog nat is

Nat hare is baie swakker as droë hare; gebruik dus ’n wyetandkam in die stort of sodra jy uitgeklim het.

2. Jy gebruik nie hittebeskerming nie

Hierdie beskermingsprodukte keer dat jou hare skroei en uitdroog en maak dit minder geneig tot kroeserigheid.

3. Jy laat dit nie gereeld sny nie


Die gemiddelde
kapsel het elke drie maande ’n sny nodig. Teen die tyd dat jy
die gesplete punte raaksien, is jou hare reeds in ’n slegte toestand.

4. Jy maak jou hare met ’n handdoek droog

Druk eerder jou hare droog pleks van dit te vryf om kroeserigheid te keer.

5. Jy gebruik nie ’n intense opknapper nie 

Net soos jou vel, sal jou hare by ’n weeklikse masker baat vind, veral as dit aan die droë kant is.

6. Jy gebruik al jare dieselfde sjampoe en opknapper 

Dis ideaal om ’n paar keuses te hê vir wanneer jou hare in verskillende toestande is (byvoorbeeld droog of pap) om dit die beste te versorg.

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 kennerswenke om jou hare sonder enige hitte reguit te maak

Wil jy gladde, reguit hare hê sonder om dit te beskadig? Die kenners deel hul beste geheime.

Close