×
Skakel na Engels

6 van die beste veeldoelige skoonheidsprodukte

Hierdie slim, veeldoelige skoonheidsprodukte sal jou soggens kosbare tyd spaar.
makeup

Ons kan almal baat vind by ’n bietjie meer tyd soggens. Om ’n uur lank te sit en grimeer of jou vel voor te berei is die laaste ding wat jy wil doen. Vang twee vlieë met een klap met hierdie briljante veeldoelige produkte:

1. Lyfwas en bevogtiger

lipidol

pinterest.com

Begin jou oggend op die regte noot met Lipidol se fantastiese Cleansing Body Oil. Dit reinig die vel sonder om die natuurlike olierige laag te stroop. Dit sal jou vel sysag laat voel en bevog laat lyk.

2. Reiniger en grimeringverwyderaar

garnier

pinterest.com

Bly hardnekkige grimering agter, veral rondom jou oë? Dan moet jy Garnier Micellar Cleansing Water kry. Dis fantasties om grimering te verwyder, en dit reinig en streel die vel terselfdertyd. Jy hoef dit nie af te spoel nie en dis geskik vir alle veltipes.

3. Bevogtiger en velbeskermer

bobbi brown

pinterest.com

Die veeldoelige 5-in-1-Bobbi Brown SPF 35 BB Cream bedek velfoutjies en maak jou veltoon eweredig, trek vog na die vel toe aan, verhelder ’n dowwe vel, help verdoesel die voorkoms van plooie en beskerm jou vel teen skadelike UVA/UVB-strale. Dit moet dié beste veeldoelige produk wees.

4. Verbloemer en kontoerskepper

nix

pinterest.com

Die NYX Wonder Stick is fantasties as jy wil verbloem, beklemtoon en kontoer. Dié dubbelkantige stafie het ’n romerige afwerking en is in twee skakerings beskikbaar. Jy kan die illusie van ’n sterker kakebeenlyn, fyn besnede wange en ’n slanker neus met net een produk skep.

5. Lip- en wangvlekker

benefit

pinterest.com

Verleen ’n natuurlike gloed aan jou wange en lippe met hierdie Benefit Benetint-vlekker. Dit vermeng soos ’n droom en gee jou ’n vleiende gloed van kleur.

6. Wenkbroukleur en volumegewer

brows

pinterest.com

As jy wenkbroue met ’n natuurlike, vol voorkoms wil hê, het jy die L’Oréal Paris Brow Artist Plumper nodig. Die presiese borsel wend die volmaakte hoeveelheid van die produk aan, terwyl die getinte, veselverrykte jel jou wenkbroue voller laat lyk sonder dat dit taai of swaar voel.

Lees nog skoonheidstories

Lees nog grimeerstories

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 natuurlike maniere om van ’n olierige vel ontslae te raak

Vir wanneer jy nie kladpapier of ’n poeierkwas byderhand het nie.​​

Close