×

6 somerrokke wat nie jou arms wys nie

Die somer is amper hier, en vir dié van ons wat nie ons arms wil wys nie, het ons ses van die beste rokke met moue gekry.

 

Wou jy nog altyd modieuse somerrokke dra, maar nie jou arms wys nie? Hier is jou gids tot hierdie seisoen se ses mooiste somerrokke met moue.

  1. Jy kan nie ’n fout maak met hierdie lospassende rok met kantinsetsels nie. Kombineer dit met ’n bonkige kettinghalssnoer vir moeitelose styl.

screen-shot-2016-10-05-at-2-22-24-pm

R349, Spree.com

 

2. Dié hemprok is geskik vir bedags en saans. Dra sandale en ’n mooi handsak daarby vir ’n gesofistikeerde someropsie

screen-shot-2016-10-05-at-2-38-08-pm

R549, Superbalist.com

 

3. Bring die boheemse in jou na vore met hierdie rok van ligte materiaal wat om jou middel vasbind. Die skouerlose silhoeët is vleiend. Kombineer dit met enkelstewels met ’n hak en ’n breërandhoed om die voorkoms af te rond.

screen-shot-2016-10-05-at-2-41-40-pm

R349, Superbalist.com

 

4. Klokmoue en tikkies oranje sorg vir ’n 70’s-geïnspireerde voorkoms wat vars en prettig is. Dra dit bedags met kniehoogte-gladiator-sandale en saans met wighakke of gepunte stiletto’s.

screen-shot-2016-10-05-at-2-43-06-pm

R299, Spree.com

 

5. Kies onderbeklemtoonde alledaagse styl met hierdie denim-chambray-slooprok van ligte materiaal met twee kamma-toeritssakke en ’n ritssluiter op die rug.

screen-shot-2016-10-05-at-2-49-09-pm

R499, Woolworths

 

6. Omhels die boheems-sjiek neiging met hierdie empire-rok, wat geborduurde detail en ’n tosseltoutjie aan die voorkant het, asook ’n voering vir gemak. Dra dit met enkelstewels met hakke en ’n breërand-fedora vir ekstra boheemse oemf.

screen-shot-2016-10-05-at-2-56-16-pm

R499, Superbalist.com 

 

LEES OOK:

Hoe om ’n uurglasfiguur te vlei

Skep 6 voorkomste met 1 rok!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om ’n serp in die somer te dra

Hoe om ’n serp in die skouerseisoen te dra

Close