×
Skakel na Engels

6 slim gebruike vir ysbakkies

Wie sou kon raai?
ysbakkies

Hierdie huishoudelike artikel is baie veelsydiger as wat dit lyk! Ons het 6 slim gebruike daarvoor opgespoor, behalwe natuurlik om ys mee te maak 🙂

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Verfris jou drein

Vul die bakkie met ’n mengsel van witasyn en fyngekapte sitrusskil. Vries dit en plaas dan ’n paar blokkies op die afvoergat om te smelt wanneer jou drein ’n klankie kry.

2. Verlig sonbrand

Vul die bakkie met 100% aloe vera-jel en vries dit. Vryf ’n blokkie liggies oor ’n songebrande vel vir kitsverligting.

3. Meng verf

Gebruik die holtes om verfkleure vir kunsprojekte apart te hou.

4. Orden jou snuisteryelaai

Pak die klein goedjies wat rondlê, soos skuifspelde, knope en drukspykers, in ’n ysbakkie.

5. Hou kruie vars

Vries vars kruie in olie en gebruik die blokkies wanneer jy kos soteer.

6. Maak saadbomme

Meng twee dele potgrond met vyf dele pottebakkersklei en een deel water. Voeg inheemse plantsaad by en druk die mengsel in die holtes van ysbakkies in. Laat vir een tot twee dae droog word en bêre dit op ’n skaduryke plek voordat jy dit plant.

FOTO: iStock/Spauln

LEES OOK:

20 huishoudelike gebruike vir koeksoda

15 verrassende huishoudelike gebruike vir Coke

10 verrassende gebruike vir grondboontjiebotter

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 slim wenke met ysbakkies

Jou vrieskas is amptelik jou nuttigste kombuishulpmiddel DEUR ERIN PHRANER

Close