×
Skakel na Engels

6 skoonheidsgebruike vir koeksoda wat jy móét probeer

Jy weet waarskynlik van heelwat huishoudelike gebruike van koeksoda, maat het jy geweet dis ook ’n wonderlike (en boonop bekostigbare) byvoeging tot jou skoonheidsroetine?

Wie het duur skoonheidsrome nodig as jy koeksoda vir dieselfde resultate kan inspan? Probeer dít:

1. Maak ’n gesigskropmiddel

Meng water en koeksoda (3 dele koeksoda en 1 deel water) om ’n smeerbare pasta te vorm. Om jou vel af te skilfer, wend die pasta met jou vingers in sirkelbewegings aan. Was jou gesig en droog dit af.

2. Behandel jou hande en naels

Maak ’n pasta van koeksoda en water. Sit die pasta op jou naelborsel (of ’n ou tandeborsel) en skrop jou naelvelletjies liggies daarmee om dit te versag. Gebruik meer van die pasta om jou hande af te skilfer.

3. Maak jou tande witter

Meng ’n bietjie koeksoda en sout. Sit die mengsel op jou tandeborsel en gebruik dit om jou tande skoon te maak. Onthou om agterna goed uit te spoel. Die koeksoda sal ook jou asem vars laat ruik.

4. Gee jou hare woema

Koeksoda kan ook tussen wasse as ’n droë sjampoe vir jou hare gebruik word. Sprinkel ’n bietjie koeksoda en talkpoeier op jou haarborsel en kam dit deur jou hare.

5. Speel klaar met puisies

Meng koeksoda en ’n paar druppels suurlemoensap om ’n pasta te maak. Wend die pasta aan puisies en laat dit vir ’n paar minute droog word. Was jou gesig en droog dit af.

6. Streel ’n songebrande vel

Maak ’n pasta van koeksoda en water en smeer dit aan die gebrande dele. Of los ’n bietjie koeksoda in louwarm water op, giet dit in ’n sproeibottel en laat in die yskas afkoel om as ’n verkoelende sproei te gebruik.

FOTO: iStock/YelenaYemchuk

LEES OOK:

Alles wat jy van permanente grimering moet weet

Slim kunsies om grimering te verwyder

Nege van ons gunstelingselebs sonder grimering

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Tuisgemaakte verfstroper

Rek jou rande deur sélf verfstroper te maak met bestanddele wat heel bekostigbaar is

Close