×
Skakel na Engels

6 sjampoes wat met skilfers sal klaarspeel

Maak korte mette met die gejeuk en geskilfer
skilfers

Miljoene mense ter wêreld loop deur onder skilfers. Anders as met ’n droë kopvel kom skilfers voor wanneer selvernuwing vinnig plaasvind en daar nie vinnig genoeg van die oormaat ontslae geraak word nie. Uiteindelik lei dit tot ’n sigbare, jeukende, skilferagtige lagie op die kopvel.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Gelukkig kan dié netelige probleem behandel word, en die oplossing lê dalk net in bottel sjampoe. Hier is ses van ons gunstelinge wat jou in jou soeke na glansende, skilfervrye hare kan help. 

1. Head & Shoulders Moisturizing Scalp Care Anti-dandruff Shampoo

’n Oue, maar ’n goue! Dié handelsnaam het geen bekendstelling nodig nie, en sy aktisink-formule beveg die oorsaak van skilfers en balanseer die vog in jou kopvel.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2. Redken Scalp Relief Dandruff Control Shampoo

As haarspesialiste hulle vertroue daarin stel, kan ons ook. Redken is ’n salonsjampoe en sy skilferwerende reeks bevat piritioon-sink wat jou met skilfervrye, glansende, bonsende hare laat.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lees: 5 maniere om skilfers te beveg

3. Bioderma Nodé DS+ Anti-dandruff Intense Shampoo

Bioderma is kenners wanneer dit by die behandeling van velprobleme kom, selfs wanneer dit jou kopvel is. Die romerige tekstuur van dié sjampoe bring onmiddellike verligting en keer dat skilfers weer vorm.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

4. Wella Professionals Clean Anti-dandruff Shampoo

Ons is dol oor ’n glasie sjampanje, maar blykbaar word dit vir meer as net heildronke gebruik! Wanneer dit as bestanddeel by sjampoe, soos dié een van Wella, gevoeg word, kan dit ook help om van sigbare vlokkies ontslae te raak!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

5. Shea Moisture African Black Soap Dandruff Control Hair Masque

Dié een val tegnies dalk eerder in die opknapper-kategorie, maar dit is ’n moet-hê as jy aan ernstige afskilfering ly. Dit sal dit nie net tot ’n minimum beperk nie, maar ook jou hare bevogtig.

 

 

 

 

 

 

 

 

6. Matrix Biolage ScalpSync Antidandruff Shampoo

Dié gehalte-sjampoe, geïnspireer deur die antibakteriële eienskappe van kruisementblare, verlig irritasie en laat jou met skoon, skilferlose hare. Dit is koel, strelend en heerlik vars.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

FOTO: iStock/mraoraor

LEES OOK:

Wanneer om ’n dermatoloog te besoek

Skoonheidskure uit jou kombuis

Skoonheidsgeheime van oor die wêreld heen

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 maniere om skilfers te beveg

Skilfers kan ’n netelige probleem wees wat moeilik is om te behandel. Dié nuttige wenke kan jou help om daarvan...

Close